Leesplan inligting

In Die Sakewêreld Met GodVoorbeeld

Business With God

DAG 2 VAN 12

Sakemanne blink dikwels uit met die neem van risiko's op beleggings. As Christene, is ons grootste belegging egter ons verbintenis met God. Dit kan ook baie hulpbronne nodig hê. Om die waarheid te sê, dit vereis wat ten beste as "risiko" en in die ergste geval as "dwaasheid" bestempel kan word. 



Dalk is die mees kritiese vraag egter: besit God ons algehele vertroue? Dit is wat ons geloof noem. Ons maak dikwels staat op wat ons kan bereik of verstaan, maar die dra van bonatuurlike vrug word in die teelaarde van diepe vertroue en 'n hegte verhouding met God gekweek.



Jy het dalk al die gesegde gesien of gehoor: "Geloof is nie om te glo dat God iets kan doen nie, dis die wete dat God iets sal doen." Daar is baie mense wat óf twyfel, óf hulle twyfel ignoreer óf 'n leuen aan hulself vertel oor die twyfel wat hulle regtig het. Ons twyfel oor die mate waarop God werklik in beheer is. Ons twyfel ook oor hoe betroubaar Hy werklik is.



By Jesus was daar natuurlik glad nie sulke ongerymdhede nie. Hy het God volkome vertrou en God het Hom elke keer bygestaan. Miskien ken jy ook sulke mense: hulle bid en God daag altyd op om hulle by te staan! Hulle geloof hou net aan om te groei.



Dit is nuttig om te onthou dat Jesus 'n hegte verhouding met God gehad het. Ek wil hierdie voorstel maak: indien sommige dit moeilik vind om God te vertrou, moet hulle eerlike en nederige gesprekke met God daaroor hê. So sal hulle 'n beter gebedslewe ontwikkel en God sal reageer op hul kinderlike, nederige eerlikheid. "Elkeen wat soek, kry ... " (Matteus 7:8). 



Wanneer ons kry, sal opregte geloof by ons begin groei. Dit is vir God kosbaar. Dit sal berge verskuif. 



Om met God risiko's te loop, sal sy guns op ingrypende wyses aan ons openbaar. In Israel se geval, het hulle manna uit die hemel sien val en water uit 'n rots sien bars — omdat hulle God (mans, vroue, kinders en vee) in 'n droë, dorre wildernis gevolg het. Die weduwee wat Elia ontmoet het, het 'n jaar lank gratis kos gehad omdat sy die profeet se eienaardige belofte geglo het — en met haar laaste bietjie meel en olie vir hom 'n brood gebak het. 'n Jong seuntjie het gesien hoe sy middagete 'n skare van meer as 5 000 gevoed het — omdat hy dit vir Jesus gegee het!



God is op soek na mense en besighede wat Hom sal vertrou met al hulle hulpbronne; wat al hulle veiligheid in sy teenwoordigheid by hulle sal vind.



Ek laat jou met twee vrae:



1. Waarin plaas jy jou vertroue? (Wat laat jou veilig voel?)



2. Waarvoor vra God jou om sy vennoot te wees in die neem van risiko's?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Business With God

Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebru...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid