Leesplan inligting

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir GesinneVoorbeeld

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

DAG 6 VAN 7

Dag 6: Engele


Ons lees dikwels in die Bybel van engele wat boodskappe aan God se volk bring. Onthou jy vir Gabriël? Deur sy boodskappe aan Sagaria en Maria, het die Kersverhaal soos ons dit ken, 'n aanvang geneem. Afgesien van Gabriël, is Migael die enigste ander engel wie se naam ons ken. Daar is egter baie meer! Die Bybel vertel ons dat daar miljoene der miljoene engele vir God aanbid, Hom dien en sy opdragte uitvoer. Jy mag soms engele ontmoet sonder dat jy dit weet (Hebreërs 13:2).


Engele is egter nie noodwendig die lieflike, saggeaarde, gevleuelde wesens wat dikwels in Jesus se geboortetoneel uitgebeeld word nie. Volgens die Bybel, het engele "groot krag" en is hulle aan God gehoorsaam (Psalm 103:20). Dis dalk hoekom die herders vreesbevange was toe die engel, omring deur die heerlikheid van God, in die veld by hulle verskyn het. Tog het die engel gesê: "Moenie bang wees nie" (Lukas 2:10). Skielik was daar 'n menigte engele uit die hemel as die eerste boodskappers om die geboorte van die Verlosser van die wêreld aan te kondig; hulle het die naghemel bokant die herders verlig. Die engele het met groot krag, soos geen ander nie, die boodskap gebring: Die Lig van die wêreld — God se Seun, Jesus — het gekom! Sy krag sou, eens en vir altyd, die duisternis van sonde oorwin.


Gesinsaktiwiteit: Die engele het nie net vir God geprys nie, hulle het ook die naghemel bokant die herders verlig. Hulle het die oorwinning oor die duister magte van die bose deur die geboorte van die beloofde Messias aangekondig.


Vanaand trek almal Kersfees slaapklere aan. Maak springmielies en klim in die motor. Ry in jul woonbuurt rond terwyl julle springmielies eet en na al die versierde huise kyk wat die naghemel verlig. Gesels oor die Kersfeesliggies wat die krag het om deur die donkerte te dring en die huise te verlig. Op soortgelyke wyse, wanneer ons vir Jesus volg, wat die "Lig van wêreld is", het ons die krag om "nooit in die duisternis te wandel nie" omdat ons "die lig van die lewe" het wat binne ons skyn (Johannes 8:12).


Gesinsbesprekingsvrae: 


* Wat dink jy beteken dit om "in die lig te wandel"?


* Hoekom dink jy moet ons bid vir krag om dit te kan doen?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.bhpublishinggroup.com/25-days-of-the-christmas-story/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid