Leesplan inligting

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir GesinneVoorbeeld

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

DAG 4 VAN 7

Dag 4: Jesus


Jesus is die Kersverhaal! Sonder Jesus sal ons almal in groot moeilikheid wees. Ons het almal 'n Verlosser nodig om ons van ons sonde te red. Soos die engel gesê het, Jesus se koms: "... [is] 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is" (Lukas 2:10). God het die wêreld so liefgehad dat Hy besluit het om sy enigste Seun van die hemel af aarde toe te stuur om as 'n baba gebore te word.


Dit is egter nie waar die goeie nuus opgehou het nie. Jesus het ons so liefgehad dat Hy grootgeword het, 'n volmaakte lewe gely het en in ons plek gesterf het om vir ons sonde te ly. Jesus het egter drie dae later weer lewend geword! Hy het opgevaar hemel toe waar Hy vandag woon. Omdat Jesus lewe, kan ons op hierdie oomblik en vir altyd 'n verhouding sonder gelyke met God hê. Dit is die beste nuus ooit! Wanneer ons in Jesus glo, word ons kinders van God. Hy lei ons, maak sy woning in ons, word ons Vriend, leer ons sy weë en verhoor ons gebede. Daar benewens, kan ons ander liefhê net soos God ons liefhet. Jesus het gesê: "Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly" (Johannes 15:9). Hierdie uitnemende liefde is die hele doel van Kersfees. Dit is die beste nuus wat ons ooit sal hoor!


Gesinsaktiwiteit: Beplan 'n verjaardagpartytjie vir Jesus. Julle kan kies om die partytjie op Kersdag te hou of wanneer dit sal inpas by julle beplanning. Wat julle ook al besluit, beplan die partytjie vandag saam met julle kinders. Koop die bestanddele om 'n koek te bak, ballonne of ander versierings. Sing Kersliedere en "Veels Geluk ..." op die dag van die partytjie. Vertel verhale aan mekaar hoe Jesus jou lewe verander het. Maak hierdie feesviering eie aan jou gesin. Skep 'n tradisie waarna julle almal elke jaar kan uitsien.


Gesinsbesprekingsvrae: 


* Beskryf die goeie nuus van Jesus se groot liefde vir jou.


* Hoe verander Jesus se liefde vir jou hoe jy oor Kersfees dink?


* Hoe verander dit die manier waarop jy ander mense behandel? Gee voorbeelde hiervan.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.bhpublishinggroup.com/25-days-of-the-christmas-story/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid