Leesplan inligting

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir GesinneVoorbeeld

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

DAG 2 VAN 7

Dag 2: Maria


Maria is die moeder van Jesus. Hoe wonderlik is dit nie? Hoekom dink jy het God haar vir iets so belangrik gekies? Dink jy Maria was 'n prinses? Was sy dalk ryk? Dink jy sy was beroemd?  


Maria was nie een van die bogenoemde nie. Maria was jonk en arm. Verskeie Bybel ontleders glo dat sy min of meer 14 jaar oud was toe sy met Jesus swanger geword het, aangesien dit 'n algemene ouderdom vir jong meisies was om te trou. Maria het ook in 'n klein, onbelangrike dorpie gewoon. Sy was ook nog 'n maagd, wat beteken het dat sy nog nie 'n baba kon gehad het nie. Jonk. Arm. Nie beroemd nie. Het nog nie 'n kind gehad nie. Klink dit soos iemand wat jy sou kies om die moeder van Jesus te wees? Waarskynlik nie. Maria was egter nederig.


Die Bybel sê dat God diegene eer wat nederig van hart is, mense wat God eerste in hul lewens stel, selfs al kos dit hulle dalk iets. Om nederig te wees beteken ook om nie met jouself te spog nie en om andere te dien, sonder om te verwag om daarvoor geprys te word. 'n Nederige persoon tree op asof slegs God toekyk. God het vir Maria, 'n jong meisie wat onbelangrik in die oë van die wêreld was, gekies om die moeder van die Verlosser van die wêreld te wees. Hoekom? Omdat Maria se nederige hart baie duidelik na vore gekom het toe sy die engel Gabriël geantwoord en gesê het, "Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het" (Lukas 1:38).


Gesinsaktiwiteit: Versamel al die flitsligte, elektriese lanterns of klein lampies wat jy kan vind. Plaas hulle op die tafel en skakel die ligte aan. Bespreek die verskille tussen elkeen van hulle. Loop deur die huis en bespreek hoe hierdie ligte verskil van die vloer- en tafellampe. Vra nou, "Watter flitslig is elkeen se gunsteling?" en "Is daar 'n lamp wat jy nie sou gebruik nie omdat dit lelik is?" Besluit watter die lelikste lamp is. Lees dan 1 Samuel 16:7 tesame. Bespreek nou hoe onbelangrik die uiterlike is, aangesien die lig wat die lamp gee, die belangrikste is. Op dieselfde manier, ongeag van hoe gewild, aantreklik, talentvol, of ryk 'n persoon se uiterlike is, kyk God altyd na die lig wat in 'n persoon se hart skyn. Maria se hart was in God se oë 'n helder lig!


Gesinsbesprekingsvrae: 


* Aan watter een ding, wat jy nog nie gedoen het nie, kan jy dink om vir 'n ander persoon te doen om God se liefde te bewys?


* Sal jy dit doen selfs as niemand dit sien nie en jy ook nie daarvoor geprys sal word nie?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.bhpublishinggroup.com/25-days-of-the-christmas-story/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid