Leesplan inligting

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir GesinneVoorbeeld

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

DAG 1 VAN 7

Dag 1: Dawid


Jesus is nie net God se Seun nie, Hy het ook ouers gehad gedurende sy tyd op aarde. Deur Jesus se vader, Josef, is Hy in die geslagsregister van Dawid opgeneem, en sy moeder, Maria, was ook uit die geslag van Dawid. Ingeval jy gewonder het, dit is Dawid, dieselfde skaapwagterseun wat vir Goliat verslaan het! Kan jy dit glo? Jesus het 'n verre kleinseun (28 geslagte) van Dawid geword, en daardeur is die profesie van honderde jare tevore vervul wat gehandel het oor die komende Messias as 'n nakomeling van Dawid (2 Samuel 7:12-16).


Mense wat tydens Jesus se geboorte geleef het, het geweet wie Dawid was. Hy het grootgeword, 'n koning geword en het die boek Psalms geskryf. Nog belangriker, Dawid se geloof het gegroei en hy het bekend geword as "’n man na [God] se hart" (1 Samuel 13:14 NLV). Telkens wanneer Jesus "die Seun van Dawid" in die Bybel genoem is, was dit deur mense wat geglo het dat Jesus die beloofde Messias, of die langverwagte Verlosser is. Hulle het geglo dat Jesus die mag gehad het om hulle van lyding en siekte te verlos.


Gesinsaktiwiteit: Berei jou kinders se gunsteling nagereg voor, maar moenie jou kinders daarvan vertel nie! Eerstens, blinddoek hulle. Lei hulle hierna deur 'n aantal sintuiglike take. Voordat jy begin, vra hulle of hulle jou nog steeds vertrou. Vat 'n kers of enige ander aromatiese item en vra hulle soos wat dit ruik. Lei hulle dan na die badkamer om hulle hande te was. Laastens, lei hulle na die kombuis toe. Vra hulle om hul monde oop te maak en plaas dan 'n happie van hul gunsteling nagereg daarin! Verwyder dan die blinddoek. Vra jou kinders hoe dit gevoel het om hierdie dinge geblinddoek te doen. Was hulle bang? Het hulle jou vertrou? Gebruik hierdie aktiwiteit om te gesels oor wat dit beteken om jou vertroue in God te plaas, sonder dat jy weet waarheen Hy jou lei.


Gesinsbesprekingsvrae: 


* Wat beteken dit om jou vertroue in iemand te plaas?


* Kan jy aan 'n voorbeeld dink toe jy jou vertroue in Jesus geplaas het en Hy tot jou redding gekom het?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.bhpublishinggroup.com/25-days-of-the-christmas-story/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid