Leesplan inligting

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir GesinneVoorbeeld

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

DAG 5 VAN 7

Dag 5: Herders


Net soos Maria, die moeder van Jesus, het die herders in Jesus se tyd nie juis 'n glansryke lewe gehad wat enigsins aandag getrek het nie. Mense het nie baie van hulle gedink nie. Dit was harde werk om 'n herder te wees en dit was gewoonlik 'n taak vir die jongste kind in die gesin. Selfs op Dawid, voordat hy koning geword het, is nie veel ag geslaan nie omdat hy maar net 'n herderseun was. Tog openbaar God Homself dikwels aan dié mense in ons wêreld wat meestal oor die hoof gesien word, om te wys dat Hy meer omgee oor wat in mense se harte is.


In Lukas 2 kan jy amper die opwinding in die herders se stemme hoor wanneer hulle hulle na Betlehem haas om vir Jesus te gaan soek. Toe hulle Jesus met hul eie oë sien, het hulle Hom aanbid, wat beteken hulle het aan Hom liefde en eer bewys. Op pad terug na die weiveld kon die herders nie stilbly oor wat hulle gesien het nie. 


Hulle het almal wat hulle teëgekom het, vertel hoe hulle Hom vereer het! Jare later, gedurende sy bediening, het Jesus gesê: "Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir sy skape" (Johannes 10:11). Jesus het na sy sterwe aan die kruis verwys waar Hy die prys vir ons sonde sou betaal. Dalk was dit juis die rede hoekom God hierdie opgewonde herders as sy eerste boodskappers gebruik het om die goeie nuus van Jesus se geboorte te bring!


Gesinsaktiwiteit: Die profeet Jesaja het geskryf: "Hoe mooi klink die voetstappe op die berge van hulle wat goeie nuus bring en vrede en verlossing aankondig, wat vir Sion sê: 'Jou God regeer!'” (Jesaja 52:7 NLV). Stel jou die voete van die herders voor wat daardie eerste Kersfees die land platgeloop het om die goeie nuus van Jesus se koms te verkondig! Gebruik jou voete vanaand om die goeie nuus te verkondig. Begin tuis. Bid saam en vra vir God om julle verering vir Hom te vermeerder. Gaan dan as gesin op 'n gebedswandeling deur jou buurt en bid vir die mense van elke huis. Gebruik dan hierdie aktiwiteit as 'n aanknopingspunt om met jou kinders te praat oor hoe julle die liefde van Jesus met diegene om julle kan deel.


Gesinsbesprekingsvrae: 


* Wat is daar waarvoor jy so lief is dat jy graag vir ander daarvan wil vertel ('n speelding, 'n vriend, 'n herinnering, ens.)?


* Het jy al ooit vir iemand met daardie soort opwinding van Jesus vertel?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Days of the Christmas Story: An Advent Family Devotional

Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.bhpublishinggroup.com/25-days-of-the-christmas-story/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid