Leesplan inligting

Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 9 VAN 10

In tye van onregverdigheid


Jy het seker ook al onregverdigheid ervaar. Miskien het jy al die pyn van verwerping beleef, die verraad van ’n sakevennoot, die skok om van ’n erfporsie ontneem te word, of die frustrasie om harder as almal te werk net om te sien hoe iemand anders bevorder word. Dalk moes jy al sukkel om vir jou kind te verduidelik hoekom hy of sy langs die baan sit terwyl die afrigter se kind ’n beurt kry om 'n wedstryd te speel. Om sleg behandel te word kan ontstellend wees. Die onregverdigheid eet aan jou. 


Ek onthou hoe ek op universiteit so gevoel het nadat ek ’n langtermynverhouding opgeoffer het vir Christus en gehoop het Hy sal dit vir my teruggee, net om te sien hoe my eks-meisie ’n ander kêrel kry. In my koshuiskamer het ek my Bybel oopgeslaan en vir God ’n ultimatum gestel: Praat met my of ek is uit. Ek het deur Psalms begin lees en besluit om God so drie of vier hoofstukke te gee voordat ek sou handdoek ingooi. Die eerste twee het geen indruk op my gemaak nie. Toe sien ek Psalm 73 raak en ek het onmiddellik gevoel iets is anders. Dit het my gelei na ’n ontmoeting met God wat my vir ewig verander het. Met trane in my oë en verwarring in my siel het ek die psalm hardop gelees. Ek het my eie woorde in die psalmdigter se klagtes gehoor . 


Ek het gespartel, want ek het probeer doen wat God sê reg is, maar ek het meer probleme en frustrasies as Christen gehad as wat ek ooit voorheen van kon onthou. Ek was soos die psalmdigter: “Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik . . .” (vers 16). En nes die psalmdigter was die oplossing voor my: “totdat ek in die heiligdom van God ingegaan [het] (vers 17). Ek het begin om weer die lewe uit ’n ewigheidsperspektief te sien. 


Die aanbidding van die God wat bo alles is – en wat op die ou end sy kinders regverdig – laat die gevoel van onregverdigheid verdwyn. Sy beloftes en perspektiewe streel die pyn. Wat nou onregverdig voorkom, werk vir sy kinders baie goed uit in die einde. Ons hart versag, ons perspektief verskuif en ons vier fees met die psalmdigter se woorde in vers 26: “God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.” 

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van G...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid