Leesplan inligting

Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 8 VAN 10

Wanneer jy vreugde nodig het


Jesus wou hê sy dissipels moet vol vreugde wees (sien Johannes 15:11). Nehemia het vir ’n betraande klomp ballinge wat teruggekeer het, gesê die vreugde van die Here is hul krag (sien Nehemia 8:10). Paulus het vir sy lesers gesê om altyd bly te wees (sien Filippense 4:4). Dawid het gesê, by die Here is oorvloedige blydskap. En Moses het God gevra om sy volk te versadig met onfeilbare liefde, sodat hulle kon sing van blydskap en al die dae van hul lewe kon bly wees (sien Psalm 90:14). Volgens die Woord is ons vreugde vir God ’n saak van erns. 


Vreugde is 'n bewys dat God in ons lewe aan die werk is. Ons emosionele reaksies op God wissel soms, en ons voel nie altyd die vreugde wat Hy vir ons bied nie. Maar as ons voortdurend sy werk erken, sy beloftes omarm en sy vergifnis ontvang, begin die vreugde na bo borrel – selfs te midde van ongunstige en verwarrende omstandighede.


God se teenwoordigheid en krag in ons lewe is altyd daarop gemik om vreugde te voorskyn te bring, altans, op die ou end. Om die Here se vreugde te ervaar verander dalk nie ons omstandighede nie, maar ons beskouing daarvan is radikaal anders. In plaas daarvan om toegegooi te wees onder probleme, begin ons ons probleme deur die lens van God se genade en krag sien. 


Ek het deur die jare heen geleer om myself af te vra of ek al die Here se vreugde ervaar het. Dit help my om uit te vind tot watter mate ek my oopstel vir die Heilige Gees om my lewe te rig en te lei. Wanneer die Christelike lewe soos ’n klomp moets en moenies voel, weet ek iets in my hart het aandag nodig. 


Ek glo, diep, eerlike, intieme en gereelde tye van gebed, is die sleutel om te verseker dat ons aanhou om God se vreugde te ervaar. Ek bedoel nie skietgebede terwyl jy bestuur of ’n koppie koffie drink nie. Ek bedoel gebed waar jy eerlik is en regtig met God praat. Jy stort jou hart uit totdat dit leeg is. Dis wanneer jy God hoor en sy liefde inkom. Dan sal die werklikheid van sy beloftes, om jou sy woonplek te maak en jou te omring met sy guns, insink. Sy arms hou jou vas, en jou hart raak weer vol van vreugde.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van G...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid