Leesplan inligting

Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 4 VAN 10

As probleme onoorkomelik lyk


El Elyon, beteken letterlik “God, die Allerhoogste”. Dit verwys na God as die Skepper en Beskermer van die heelal, dit erken dat Hy verhewe is bo elke mens, mag, posisie of probleem. Wanneer Asaf dus in Psalm 77:11 na God verwys as die Allerhoogste, maak hy ’n kragtige stelling. Hy herinner homself daaraan dat God nie soos die ander gode is, wat die Kanaäniete geglo het oor hul stede en natuurkragte regeer nie. Asaf het sy gedagtes na ’n nuwe, ware perspektief gelei, gegrond op die bewuswording van God se groot werke en dade.


Asaf het nie daar gestop nie. Hy het ook gedink oor die God wat “wonderdade doen” (vers 15), hy het God se “sterk arm” (vers 16, AFR53) in sy gedagtes opgeroep. Hy het onthou van al die kere toe God se volk in die nood was en hoe Hy hulle gehelp het – hoe die watervloede gesidder het, die donderwolke gedreun en die aarde gebewe het (vers 17-18). Hy het sy gedagtes teruggebring na God se kerneienskappe: sy heiligheid, sy mag, en die liefde en medelye wat Hom noop om te red. In die dieptes van sy depressie, fokus Asaf sy gedagtes vasbeslote op die God wat verlos. Vir Hom is niks te moeilik nie. 


As ’n mens depressief is, kan ’n molshoop soos ’n berg lyk. Maar as jy deurdruk met aanbidding, raak daai molshope weer hul regte grootte, en God troon bo hulle uit in jou hart en gedagtes. Perspektief maak ’n enorme verskil. ’n Klein probleem wat baie naby jou oë gehou word, blok alles uit jou sig. As jy wel enige iets anders kan sien, is dit deur die lens van daardie probleem. Asaf wys ons hoe om terug te staan en met die regte perspektief te kyk. Hoop is ’n kragtige teenmiddel vir depressie, maar jy kan dit nie kry tensy jy herontdek dat God ’n groot God is en dat probleme onbeduidend is in vergelyking met Hom nie. 


Psalm 77 begin met reuseprobleme en ’n klein God. Dit sluit af met ’n reuse God en klein probleme. Dis hoe perspektief werk. Dit is hoe jou hoop weer aangevuur word. En dit is hoe depressie sy houvas verloor. Alles, selfs ons grootste probleme en pyn, buig voor God, as ons sien wie Hy is. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van G...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid