Leesplan inligting

Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 5 VAN 10

As jy ’n gevangene van vrees is


In die kantlyn langs Psalm 46 in my Bybel is daar ’n nota in groen ink geskryf: “Duke Mediese Sentrum, 19/2/92. (Ma se sterfdatum). Ek onthou toe ek dit geskryf het en ek onthou hoe desperaat ek aan die woorde van hierdie psalm geklou het. Ek het nodig gehad dat God my toevlug en krag moes wees, en altyd daar vir my in tye van swaarkry. Ek wou ontsnap uit die greep van vrees. 


Stel jou ’n onstuimige see voor waar die branders hierdie en daardie kant toe breek weens die stormsterk winde van ’n orkaan; die water maal en skuim. Dis hoe ek gevoel het en dit is die beeld wat die psalmdigter ons gee van sy beroering. Dis ’n gevaarlike en kragtige verknorsing, en sy instink is om na God te draai vir skuilplek. Selfs in sulke onstuimige tye is God daar by ons. 


Hierdie psalm wys drie maniere hoe God ons in die storms van die lewe wil ondersteun:


1. Hy is ons skuilplek, ons beskerming van buitenste magte wat ons omring. Hy verwyder nie altyd hierdie magte nie, maar Hy vou sy arms om ons en word ’n groter toevlug as enige vesting of skuiling. 


2. Hy is ons krag – ’n interne mag in moeilike tye om te kan deurdruk . Hy bêre nie sy krag vir die dag van môre nie, Hy gee ons genade vir vandag. Môre gee Hy vir ons genoeg vir môre. Hy gee genade vir elke dag wat ons dit nodig het. 


3. Hy is kennelik teenwoordig in tye van swaarkry. Ongeag hoe onverwags en oorweldigend ons omstandighede is, is Hy altyd beskikbaar.  


Die evangelies skilder vir ons ’n wonderlike prentjie van hierdie alomteenwoordige, beskermende, versterkende God. ’n Geweldige storm het opgesteek toe die dissipels op die See van Galilea vaar en hulle was vreesbevange. Hulle het Jesus wakker gemaak – op die een of ander manier kon Hy slaap terwyl die branders om hulle gebreek het – en Hy het die storm laat bedaar. Hy was daar in die boot saam met hulle, Hy het vir hulle sy krag en beskerming gegee – net soos Hy dit vandag ook nog vir ons gee. 


God wil hê jy moet weet dat Hy by jou is. Hy wag nie totdat jy ’n fout maak sodat hy jou kan straf nie. Hy is daar vir jou, selfs as jy vasgevang is in vrees; Hy is jou enigste ware veiligheid in watter situasie jy jou ook al bevind. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van G...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid