Leesplan inligting

Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 7 VAN 10

In tye van verwarring


Vince Lombardi, die groot Green Bay Packers-afrigter, was beroemd weens sy toewyding aan die basiese beginsels. Hy het elke voetbalseisoen begin deur ’n bal vas te hou en vir sy span beroepsatlete te sê: “Dit, manne, is ’n voetbal.” Daarna het die span vir die volgende twee weke niks anders gedoen as om weer te leer hoe om te blok en te duik nie. 


Wanneer ons deur tye van verwarring gaan, is die beste oplossing soms om terug te gaan na die basiese dinge. God het al beraders, afrigters en konsultante in my bediening en persoonlike lewe gebruik om helderheid te bring in situasies wat oorweldigend en ingewikkeld geword het. Ons het almal wysheid en onderskeidingsvermoë nodig in verwarrende situasies, om te weet waar ons is, waarheen ons moet gaan en hoe om daar te kom. 


Moses se woorde in Psalm 90, gee vir ons daardie soort raad. Hy vat ons terug na die basiese beginsels. Hy het baie tye van ooreising en uitbranding ervaar terwyl hy God se volk uit Egipte, deur die wildernis, tot op die drumpel van die Beloofde land gelei het. Hy som ’n lewe van wysheid in ses beginsels op: God is groot (verse 1-2), die lewe is kort (verse 3-6), sonde is ernstig (verse 7-11), wysheid is noodsaaklik (vers 12), genade is beskikbaar (verse 13-15) en sukses is moontlik (verse 16-17). Die gevolge van hierdie beginsels is verreikend en lewensveranderend. As God groot is, is dit van uiterste belang om reg met Hom om te gaan. As sonde ernstig is, is dit noodsaaklik om dit uit ons lewe te hou. As ons wysheid aangryp, verskuif ons prioriteite; ons leer om ons lewe op die regte dinge te baseer, eerder as om dit met nuttelose dinge te verspeel. As genade beskikbaar is, kan ons kies om dit in oorvloed te ontvang en in vryheid en vreugde te leef. En as sukses regtig moontlik is, sal God geleenthede verskaf om ons wêreld ten goede te beïnvloed. 


Hierdie kort maar kragtige beginsels verdryf verwarring. Dit bied helderheid oor ons koers en stel ons in staat om ’n doelgerigte en vrugbare lewe te lei. Dit is die basiese beginsels wat ons na begrip lei. Dit stel ons in staat om te weet waar ons ons bevind en rus ons toe om te kom waar ons ook al in die lewe moet wees.  

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van G...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid