Leesplan inligting

Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 8 VAN 21

God Is Die Here (Jahwe)



Het jy al ooit 'n taak gekry wat jy gevoel het vir jou té moeilik was om uit te voer? Jou eerste gedagte was moontlik: "Wie is ek om dit te kan doen?" Of dit nou in jou beroep, huwelik, rol as vrywilliger, ouerskap of skool is, ons kom almal te staan voor oomblikke waar ons wonder: "Hoekom ek?"

 



Moses het 'n soortgelyke reaksie in die boek Eksodus gehad. God het vir Moses gestuur om sy plan uit te voer om die Israeliete van die farao te verlos. Moses se eerste vraag was: "Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?" (Eksodus 3:11). Sy tweede vraag oor wie hy sou sê hom gestuur het, was nog belangriker. Hy vra vir God: "Sê nou ek kom by die Israeliete ... en hulle vra vir my: 'Wat is sy Naam?' wat moet ek dan vir hulle sê?" (Eksodus 3:13). God reageer daarop: "Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: 'Ek is' het my na julle toe gestuur" (Eksodus 3:14).



Ons beskryf onsself gewoonlik volgens die beroep wat ons beoefen of ons verbintenisse met ander, soos: "Ek is 'n sakevrou" of "Ek is 'n ma." God hoef Homself egter nie deur beskrywings in verhouding met iets anders te definieer nie, want alle dinge word in verhouding tot God gedefinieer. Toe Hy na Homself as "Ek is" verwys het, het Hy eintlik vir Moses daaraan herinner dat alle gesag aan Hom behoort en dat Hy nog altyd bestaan het. God is almagtig, onveranderlik en altyd dieselfde.

 



Geleerdes sê dat Jehova of Jahwe, wat vertaal word as "die Here," sy oorsprong van die Hebreeuse woord "Ek is" het. Die woord word meer as enige ander van God se name in die Bybel gebruik, naamlik 6 519 kere. God se mense word herhaalde kere aan die krag van EK IS herinner.



Om God te ken, rus ons toe sodat ons weet wie ons is en vir watter take ons geroepe is.



Wanneer ons oorweldig voel deur ons lewenstake, is dit menslik om Moses se eerste vraag te vra: "Hoekom ek?" Nogtans is dit noodsaaklik om die tweede vraag, wat alles verander, te vra: "Wie stuur my?"



Oordink:




  • In watter gedeelte van jou lewe voel jy oorweldig en nie in staat om die taak op hande uit te voer nie? Is dit iets wat God jou geroep het om te doen?

  • Hoe verander die wete van God se eienskappe en krag jou siening oor hierdie taak?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybe...

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid