Leesplan inligting

Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 21 VAN 21

God Is Ons Vader



Was jy al ooit in 'n verhouding met iemand wat jou besonders laat voel het? Mense met baie invloed of "kontakte" kry spesiale behandeling. Hulle kry kaartjies om die kleedkamers na 'n konsert te besoek, toegang tot die sitkamer vir belangrike persone of die beste sitplekke by 'n wedstryd. Daardie soort netwerke verander ons in iemand, ongeluk nie weens ons eie verdienste nie, maar gebaseer op wie ons ken.



Ons word herhaalde kere in die Bybel daaraan herinner dat ons kinders van God word wanneer ons Jesus aanvaar.



Ons word herhaalde kere in die Bybel daaraan herinner dat ons kinders van God word wanneer ons Jesus aanvaar. Sjoe, dit is nou vir jou 'n kontak om te hê! Watter ander godsdiens of geloofstelsel bied aanvaarding deur die Skepper van die heelal (Romeine 8:15-17)?



Die Bybel sê ook, as sy kinders mag ons "Abba, Vader" tot God roep (Romeine 8:15). Dit is dieselfde intieme aanspreekvorm as "Pappa." As God ons pappa is, verander dit hoe ons Hom benader. Ons vorder van vreesbevange slawe van 'n onbekende God tot kinders wat na God toe kan hardloop en op sy skoot sit om van Hom te leer. Ons sien Hom as iemand na wie ons ons toevlug kan neem wanneer ons in die moeilikheid is, eerder as iemand van wie ons wil wegkruip.



Om God as ons pappa te beleef, verander ook hoe ons na onsself kyk. As ons onsself as 'n geliefde kind van God sien, dan sien ons onsself as iemand wat saak maak, ongeag waar ons op die stadion sit.



Oordink:




  • Het jy verhoudingsprobleme met jou aardse vader wat jou verhoed om na God as jou "pappa" te kyk? Hoe dink jy kan, om tyd aan "Abba" te wy deur die Bybel te lees en Hom te leer ken, jou siening verander van wie Hy regtig is?

  • Het jy al die verbintenis met God gemaak om sy kind te word? As jy dit nog nie gedoen het nie, kan jy dit sommer nou dadelik doen.

Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybe...

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid