Leesplan inligting

Hoe is God? 'n 21-dag LeesplanVoorbeeld

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

DAG 2 VAN 21

God Is Ons Voorsiener



Het jy al ooit by die eetkamertafel gesit en wonder watter rekening jy laat kan betaal sodat die krag nie afgeskakel sal word nie? Of het jy al in jou motor by die vulstasie gesit en eers jou bankrekening nagegaan sodat jy kon sien hoeveel brandstof jy in jou motor kan gooi? So gaan die lewe maar en soms gebeur dinge baie vinnig.  Daar is egter een ding wat ons in gedagte moet hou — God voorsien altyd.



Die saak staan egter so: God sal nie altyd voorsien op die wyse wat ons in gedagte het nie. Jy wil dalk hê iemand moet vir jou geld gee, maar in plaas daarvan ontdek jy 'n fout met jou vorige betaling en nou het jy 'n krediet op 'n rekening. Jy kan wel probeer uitwerk hoe ver jy met die brandstof in die motor se tenk kan ry, wanneer jy besef dat jy hierdie week nie veel take het om af te handel nie. God is in staat om ons te help, en so voorsien Hy vir ons.



Abraham het geweet hoe om te vertrou dat God sal voorsien. Abraham het in gehoorsaamheid sy seun, Isak, na die berg geneem om te offer en op God vertrou om 'n plaasvervanger te voorsien.    



In Genesis 22:9-19 maak Abraham gereed om sy enigste seun te offer, toe 'n engel hom roep en aansê om dit nie te doen nie. Abraham kon 'n ram wat in die bosse vasgevang was gebruik, in plaas daarvan om sy seun te offer. Net toe Abraham gedink het dat daar geen ander uitweg was nie, het God voorsien.  



Jehova-Jireh beteken "Die Here voorsien" (Genesis 22:14). God het seker gemaak dat Abraham nie sy seun hoef te offer nie.



Ons moet almal daagliks keuses uitoefen. Die keuse om 'n betaling te maak en God te vertrou om finansieel te voorsien. Die keuse om goeie besluite vir ons lewens te neem en te vertrou dat God ons goeie dade sal raaksien. Wanneer ons God finansieel, emosioneel en geestelik vertrou, sal Hy altyd voorsien, want dit is hoe Hy is. God is die Een wat vir ons voorsien.   



Oordink:




  • Is daar enigiets wat jy in die verlede nodig gehad het, ontvang het en gewonder het hoe dit dan gebeur het?

  • Wanneer was jy in staat om iemand te help deur iets te voorsien? Hoe het dit gevoel?

  • Waarvoor het jy nou God se voorsiening nodig? Vra Hom daarvoor.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Is God Like? A 21-Day Reading Plan

Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybe...

More

Ons wil graag NewSpring Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid