Leesplan inligting

Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 7 VAN 8

Rus 


"Ek word voor almal wakker en werk tot laat in die nag. Bly besig." — Gary Vaynerchuk 



Bly besig is deesdae die algemene woorde onder entrepreneurs en sakelui. Wat jou ook al in die gesig staar of wat aan die gebeur is, jy moet vinniger werk as jou opponente. Werk harder as al die ander en doen wat ook al nodig is. Gee meer as wat jy kan! Dit het die goue reël geword as jy in besigheid suksesvol wil wees. 



Moet my nie verkeerd verstaan nie, daar is baie tye en geleenthede waar dit noodsaaklik is. Werksetiek is baie belangrik en ontbreek dikwels by 'n groot aantal jongmense. Toe ek 'n jong entrepreneur was, het dit 'n groot deel van my strategie uitgemaak, en ek kan nou sien hoe dit vrugte afgewerp het. Ek was in die bediening en het spanne gelei waar God hierdie aspek gebruik het om 'n betekenisvolle impak in die koninkryk te maak. 



Nietemin, een gevaar hiervan, wat ek gesien en ondervind het, is wanneer dit nie met rus gepaard gaan nie. Ek het in die afgelope paar dekades al 'n hele paar keer my kop gestamp omdat ek nie 'n gesonde uitkyk oor rus gehad het nie. Dis die moeite werd om te noem dat ek kop eerste teen 'n paar mure vasgehardloop het, wat amper my roeping gekos het en my weerhou het van die beste wat God vir my lewe gehad het. Ek kan nou terugkyk en duidelik sien dat dit as gevolg van 'n gebrek aan algehele rus was. 



Die groei en ontwikkeling van leierskap is baie afhanklik van 'n gesonde en Goddelike uitkyk op rus. Dis belangrik vir leiers om te besef dat ons nie masjiene is nie en dat ons nie moet optree asof ons is nie. 'n Goeie beginpunt is om te besef dat rus nie 'n swakheid is nie. Ek het al so baie leiers ontmoet, jonk en oud, wat trots daarop is dat hulle 'n gebrek aan slaap het. Ons moet van hierdie gedagte ontslae raak, want dit is belaglik. 'n Gebrek aan slaap is nie eerbaar nie. ('n Leesplan wat jou sal help om te besef dat slaap 'n geestelike aktiwiteit is, is Lifehacks: Practical Tips For Godly Habits. Ek beveel hierdie kragtige leesplan sterk aan.)



Het jy geweet dat slaap een van die gewildste soektogte op Google geword het? As dit by slaap kom, het die internet omtrent ontplof weens die soektogte en web navorsing. Indien jy nog nie slaap of hulp om te slaap opgesoek het nie, is jy in die minderheid. As jy Google gebruik om hulp te soek om te kan slaap, sal jy op 'n klomp wetenskaplike studies afkom wat die gevare van slaaploosheid aanspreek. Sommige nagevolge is so erg soos hartsiektes, depressie, geheueverlies en die dood. Om baie besig te wees sonder om behoorlik te rus en te herlaai, sal tot ernstige newe-effekte lei, wat die volgende insluit, maar nie net daartoe beperk is nie: meer dikwels siek wees, minder produktief wees, verlies aan fokus en emosionele ongebalanseerdheid. 



Om jou leierskap te ontwikkel vereis werksetiek, besig wees en vasbyt, maar jy moet asseblief besef dat rus baie belangrik is! Jesus het vir sy dissipels en die Fariseërs gesê: "Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie." Ons Skepper het ons die vermoë gegee om te produseer, te bou en te werk, maar Hy het ons ook die geskenk van rus op die sabbatdag gegee. 



Kom ons delf in vandag se Skriflesing en vra God om ons harte te deurgrond. Dalk het ons 'n verdraaide uitkyk van rus, 'n verkeerde behoefte om te presteer, of 'n gevoel dat ons die guns van God moet verdien, wat ons dan gevolglik te min laat rus. 



Vader, deurgrond my hart en praat met my deur u Woord. Openbaar aan my waar ek nie die geskenk van rus ten volle benut nie. 


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vin...

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid