Leesplan inligting

Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 3 VAN 8

Leeringesteldheid


 


ERKENNING:  LANE HICKENBOTTOM/ REUTERS


"Om te weet wat jy nie weet nie, is meer nuttig as om briljant te wees." — Charlie Munger


Dis 'n goeie aanhaling om die idee van selfbewustheid oor te dra. Volgens kenners op hierdie gebied, is selfbewustheid die eerste legkaartstuk op pad na beroemdheid. Wat selfbewustheid betref, beskou ek Charlie Munger as 'n kenner. 


Indien hy nie aan jou bekend is nie, mis jy iets. Munger is 95 jaar oud en die regterhand van Warren Buffet. Buffet gee baie krediet aan Munger vir hulle sukses oor die afgelope 60+ jare wat hulle al saamwerk. Selfs op 95 het Munger 'n passie om te leer, al dink baie hy weet alles. 


"Ek sien dikwels hoe mense wat nie die slimste of selfs die ywerigste is nie, in die lewe vorder, omdat hulle entoesiastiese leerders is. Hulle gaan elke aand 'n bietjie wyser bed toe as wat hulle in die oggend was, en dit help regtig baie, veral as daar 'n lang pad voor jou lê." — Charlie Munger


Om in leierskap te groei, het baie te doen met jou leeringesteldheid. Ons kom daagliks nuwe omstandighede teë wat nuwe kennis, nuwe benaderings en nuwe metodes verg. Ons moet dus 'n groot bron van kennis hê om hierdie omstandighede ten beste te kan gebruik. Die beste manier om dit te doen, is om altyd aan die leer te bly en 'n houding van leergereedheid te hê. 


Anne Frank het dit so goed gestel in haar dagboek:


"Hoe edel en goed sal elkeen nie kan wees as hulle elke aand, voordat hulle aan die slaap raak, nadink oor die dag se gebeure nie, en besluit wat presies goed en sleg was. Dan, sonder om dit te besef, verbeter jy jouself aan die begin van elke nuwe dag; só sal jy baie oor 'n tydperk kan bereik." — Anne Frank


Wat Anne en Charlie baie duidelik stel, is dat dit noodsaaklik is om 'n begeerte te hê om te leer en dit dan elke dag in jou lewe toe te pas. As jy graag in jou leierskap wil groei, sodat jy op die immer veranderende omstandighede kan reageer, vertel vir my wat jou aand roetine behels. 


Wat doen jy voor jy aan die slaap raak? 


Gaan jy 'n bietjie wyser wees as toe jy wakker geword het? 


Sien jou oë alles raak wat om jou gebeur?


Kyk jy na alles deur die lens van die waarheid, wat die Woord van God is? 


Die kernboodskap is: elke liewe dag het ons geleenthede om te leer, te groei en 'n beter weergawe van onsself te word. Hierdie groeiproses kom nie altyd in 'n mooi pakkie wat maklik gedoen en verwerk kan word nie. Soms vind groei en leer in moeilike tye plaas en in omstandighede waarin ons glad nie wil wees nie. Die ander werklikheid is dat ons van ander mense en hulle sieninge leer, wat dalk nie noodwendig iets is wat ons waardeer of mee saamstem nie. 


Dit maak nie saak wat ons omstandighede is nie, om 'n ingesteldheid van leer te hê, plaas ons in 'n nederige houding om te leer en so te lewe dat ons begeer om wyser bed toe te gaan as toe ons wakker geword het. Indien jy wil weet wat ek leer, gaan kyk na my webwerf. Ek skryf elke dag daaroor en het 'n gratis, weeklikse e-pos waaruit jy kan leer. Ek hoop dat jy vandag en die komende dae meer sal leer en bewus word dat God kragtige openbaringe vir jou beskikbaar het. 


Vader, berei my hart voor vir dit wat U vandag vir my wil gee. U woord is lewendig en ek glo U sal my daar ontmoet.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vin...

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid