Leesplan inligting

Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 1 VAN 8

Bybelse Wysheid 


Taal is dikwels moeilik en ingewikkeld. Dié wat net Afrikaans praat kan nie eens begin verstaan hoe ingewikkeld die taal eintlik is nie. Neem die woord groei of uitbrei as voorbeeld. Maak jou woordeboek oop en kyk hoeveel verskillende betekenisse die woord het. 



groei


selfstandige naamwoord  


— toename in grootte, wasdom.


werkwoord 


— groter word, opskiet, meer word


"Bome, hare, kinders groei."


Dis almal korrekte definisies van groei, maar ek gaan nie hierdie een gebruik in my praatjie oor Groei in jou Leierskap nie. Daar is nog 'n betekenis vir groei


Dis die een wat ek in hierdie leesplan gaan gebruik:


werkwoord 


— uitbrei (sterker word)


"Hoe kan my besigheid uitbrei en groei sonder baie geld?"


As volgelinge van Jesus is dit belangrik en noodsaaklik dat ons deesdae ons leierskap ontwikkel deur van Bybelse wysheid gebruik te maak. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en groei in ons leierskapsvaardighede, om suksesvol te lei in die omgewing waar ons onsself bevind. Tegnologie wat vinnig ontwikkel, werkgewer- en spandinamika wat verander en die wisselende ekonomie, is maar net party van die kwessies waarmee ons te doen kry. Wanneer ons Bybelse waarhede toepas, sal ons insig verdiep. 


Ontwikkeling van leierskap is nie net vir die werksplek bedoel nie. Ons moet ook as leier van ons gesin ontwikkel, asook in ander verhoudinge. Dis dalk bietjie vergesog, maar ek dink afrigter Holtz het dalk iets beetgehad: 


"Hier op aarde is jy óf besig om te groei óf besig om dood te gaan, kom dus aan die gang en groei." — Lou Holtz


Ons groei of gaan dood. Ons leierskap kan groei of kwyn. Dis dalk nou die regte tyd om dit duidelik te stel — om in leierskap te groei is nie maklik nie. 'n Belegging van hierdie aard moet doelbewus geskied, maar dit sal ons voor 'n paar uitdagings te staan laat kom wat ons buite ons gemaksone gaan dwing. As ons dit egter nie doen nie, gaan ons nie die volle potensiaal bereik wat God vir ons beplan nie. 


"As ons groei sal ons altyd buite ons gemaksone beweeg." — John Maxwell


Oor die afgelope 25 jaar, as 'n volgeling van Christus, leier en stigter van 'n kerk en besigheidsentrepeneur, het ek gevind dat die Bybel baie verhale en voorbeelde het wat praktiese, waardevolle raad gee. Dis nou tyd om onsself uit te daag om God se woord te gebruik om ons buite ons gemaksone te laat beweeg. Is jy gereed om in jou leierskap te groei? Indien wel, sal Ontwikkel Leierskap met Bybelse Wysheid jou help om dit te doen. 


Die kleur groen, word wêreldwyd gebruik om iemand toestemming te gee om voort te gaan. Terwyl jy na die groen pyltjie toe mik, neem 'n oomblik om jou hart en gedagtes voor te berei met hierdie eenvoudige gebed. 


Vader, ek is gereed om na U te luister. Help my om te hoor wat U sê, sodat ek nie mis wat U op hierdie reis aan my wil openbaar nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vin...

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid