Leesplan inligting

Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 4 VAN 8

Vasbyt



Om jou leierskap te laat groei is nie kinderspeletjies nie. Wat jy nie ten volle kan begryp van boeke wat jy gelees het, of mense na wie jy geluister het, of die MBA wat jy verkry het nie, is hoeveel pyn jy sal moet verduur om die leierskap potensiaal wat in jou is, te bereik. Om met hierdie werklikheid vertroud te raak en die pyn wat daarmee gepaardgaan te aanvaar, is 'n onskatbare leerproses wat ons moet herken en waardeer. Een van my gunsteling skrywers, James Clear, stel dit so:



"Jy is slegs so geestelik sterk soos die lewe van jou vereis. 'n Maklike lewe is tevrede met denke wat maklike goed kan hanteer. 'n Uitdagende lewe ontwikkel denke wat 'n uitdaging kan hanteer. Net soos 'n spier wat verswak as dit nie gebruik word nie, sal jou verstandelike krag verswak, tensy dit getoets word. As die lewe jou nie uitdaag nie, daag jouself uit." 



As ek terugkyk op my leierskapsreis, word ek gereeld herinner aan hoe noodsaaklik dit is om in moeilike omstandighede vas te byt. Wanneer alles egter te swaar word en ons baie lyding ervaar, wil ons die handdoek ingooi en nie voortbeur nie. Ons wil tou opgooi en nie vasbyt nie. Ek verstaan dit baie goed. Ek kan persoonlik aan geleenthede dink toe ek nie deurgedruk het toe ek moes nie, en te gou moed opgegee het. Ek kon die foute agterna raaksien. Ek is nie perfek nie, maar ek kan erken, toe dit die meeste saak gemaak het, het my vasberadenheid, uithouvermoë, en die genade van God, my gehelp om suksesvol te wees. 



Deur watter omstandighede gaan jy op hierdie oomblik? Gaan jy deur uitdagende groeiprosesse wat meer frustrerend as vervullend is? As jy "ja" antwoord, beskou jouself as geseënd. As jy tans maar net voortdryf en nie eintlik uitgedaag word deur druk en wrywing nie, is dit dalk tyd om dinge 'n bietjie anders aan te pak. Begin 'n nuwe projek, besluit om 'n boek te skryf, leer 'n nuwe taal aan, kry jou meestersgraad of dien as lid van 'n nie-winsgewende organisasie. Ek skat jy kan alreeds aan iets dink. 



Mense ervaar vasbyt op verskillende maniere, afhangende van die geleentheid. Wees bemoedig dat die slyping, uithouvermoë en stryd wat daarmee gepaardgaan, onskatbaar is. Om leierskap te ontwikkel moet jy vasbyt, en 'n paar Bybelse wyshede wag vir jou in die Woord van God. 



Vader, laat my raaksien hoe U hierdie worstelinge vir my ten goede laat meewerk. Help my om nie weg te hardloop van my uitdagings af nie, maar eerder na U toe.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vin...

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid