Leesplan inligting

Ontwikkel Leierskap met Bybelse WysheidVoorbeeld

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

DAG 2 VAN 8

Boekstutte


Hoe dikwels sien jy iets wat jy nog nooit vantevore gesien het nie? Byvoorbeeld: die kar wat ek sopas gekoop het, is oral op die paaie te sien, alhoewel ek nie kan onthou dat ek dit al vantevore opgemerk het nie. Die Bybel kan ook soms so wees. Jy lees 'n Skrifgedeelte herhaalde kere, en ewe skielik, uit die bloute, sien jy iets nuuts raak. Dis een van die dinge waarvan ek in God se Woord hou. My vriend en mentor, J. Lee, herinner my gereeld daaraan: "Ons leer wat ons op die oomblik nodig het."



Dit het met my gebeur toe ek van die "Wapenrusting van God" in Efesiërs 6 gelees het. Dis verse wat ons al baie kere gehoor het. Dit begin so:


"Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel."


As ons die wapenrusting van God ontleed, lyk dit so:



  1. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, 

  2. die vryspraak deur God as borsharnas,

  3. en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.

  4. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê.

  5. Sit verlossing as helm op 

  6. en vat die swaard van die Gees, dit is die Woord van God.


Ons het ses maniere waarmee ons in die Here sterk kan bly! Kyk egter van nader wat hulle almal in plek hou. Die waarheid van God se Woord en die swaard van die Gees, wat die Woord van God is! Ek het dit nog nooit so gesien nie en was verstom! 



Die eerste boekstut is die gordel van waarheid. 'n Gordel is ontwerp om dinge vas te hou, soos 'n broek. In die Bybelse tyd was die kleredrag soos 'n lang stuk laken of kleed, en die gordel het hierdie lang stukke bymekaar gehou sodat die mense maklik kon beweeg, sonder om te val. Hoe gepas is dit dat ons die waarheid van God se Woord kan gebruik om te keer dat ons oor onsself struikel. God se Woord is die bron van waarheid vir die volgeling van Jesus!


Die ander boekstut is die swaard van die Gees, wat die Woord van God is. Die swaard is beide 'n aanvals- en verdedigingswapen. God se Woord moet altyd gebruik word om te verdedig en staande te bly as ons geestelike vyand ons aanval. 



Soos jy in die prent kan sien, hou die boekstutte die boeke regop. Die boekstutte verteenwoordig God se Woord en is 'n manier om ons staande te hou. Hierdie beeld verteenwoordig ons lewens as leiers. Ons behoort boekrakke vol boeke te hê waaruit ons kan leer. Hierdie rakke is ook vol ervarings wat ons gevorm het en opleiding wat ons voorberei het. Daardie bronne is kragtig en nuttig, en God sal dit gebruik soos Hy goeddink. Wat egter baie belangrik is, is die boekstutte wat daardie boeke, ervarings en opleiding bymekaar hou. 



Een van die noodsaaklikhede om jou leierskap te laat groei, is om 'n stewige fondament op die Woord van God te bou. Alles wat ons leer en ervaar en ons opvoeding, moet deur die filter van die waarheid van God se Woord gaan — die boekstutte. Dit sal ons perspektief vorm en ons toelaat om regte waarheid van omstandighede te verwerk. Wanneer, nie as nie, dinge moeilik raak, sal ons in staat wees om in ons leierskap te groei, as gevolg van God se Woord in ons, en dit sal ons lei om dienooreenkomstig op te tree. God se Woord in ons gee Bybelse wysheid, wat nodig is om 'n uitstekende leier te wees.


Vader, ek wil hê u waarheid moet my hart en gees binnedring. Praat met my en herinner my om die boekstutte van die wapenrusting van God 'n gewone deel van my lewe te maak. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Scaling Leadership with Biblical Wisdom

Dit is deesdae baie belangrik om jou leierskap te ontwikkel. Ons moet verbreed, vergroot, maksimaliseer en ons leierskapsvermoëns laat groei, sodat ons kan tred hou met ons immer veranderende omgewing. Tegnologie wat vin...

More

Baie dankie aan Terry Storch wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://terrystorch.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid