Leesplan inligting

Wanneer Teleurstelling ToeslaanVoorbeeld

When Disappointment Strikes

DAG 4 VAN 4

Gebruik Jou Teleurstelling



Die teleurstellings wat ons in die gesig staar kan ons óf hou waar ons is, óf tot iets baie beter voortdryf. 'n Loopbaan wat meer vervullend is. 'n Beter verhouding. 'n Sterker ingesteldheid. 'n Blinker toekoms. Teleurstelling is nie gelyk aan 'n doodloopstraat nie. Dit mag dalk aanvanklik net 'n stopteken wees, maar uiteindelik is daar 'n toegeeteken wat ons maan om na ons omgewing te kyk voor ons weer voortgaan ... 



Om van teleurstelling te herstel, moet ons kies om God te midde van alles te vertrou. Dit is glad nie maklik nie. Dit is moeilik om lus te voel om God te vertrou wanneer jy 'n laagtepunt bereik het. Is dit nie juis nou die tyd om dit te doen nie? Dit is maklik om God te vertrou wanneer jy goeie dinge ervaar. Dit is wanneer ons harte gebreek is en ons ons vertroue en geloof in Hom verwoord, dat ware vertroue na vore kom. Ons moet voortbeweeg en op God vertrou om ons deur ons pyn te dra, want Hy is die enigste Een wat ons kan vertrou om na ons harte om te sien. Dink na oor hierdie twee dinge wanneer jy deur teleurstelling moet werk.



Die Doel

Ons het al almal gevra: "Wat is die doel hiervan?" Ons wil verstaan hoekom ons hierdie dinge ervaar. Dit spruit gedeeltelik daaruit dat ons nie 'n begeerte het om tyd en ondervindinge te vermors nie. Ons wil weet dat wat ons deurgegaan het nie verniet was nie. As dit jou denkproses is, dan het jy iets beet. Die beste manier om genesing van jou pyn en teleurstelling te kry, is om dit te gebruik om iemand anders te help. Miskien het jy met onvrugbaarheid gesukkel, 'n rebelse tiener gehad, 'n huwelik wat uitmekaar geval het of teen kanker geveg — die lys kan aangaan. Wat ons nou op aarde deurmaak is iets wat God in iemand anders se lewe kan gebruik. Wat ons eenmaal amper vernietig het, is nou 'n ompad om ons weer op die regte pad terug te bring. 



Om Te Aanbid Of Nie

As ons oor ons teleurstelling wil kom, moet ons God aanbid terwyl ons daarin is. As volgelinge van Jesus, kan aanbidding nie iets wees wat ons net doen as ons so voel of wanneer dinge sin maak nie — ons aanbid God ook wanneer dinge nie sin maak nie. Wanneer dinge in ons lewens deurmekaar is, is daar altyd 'n rede om Hom te aanbid. Ons kan nie ons oë op onsself hou of op dit waarvoor ons gewens het nie. As ons dit doen, sal ons heeltemal onbewus wees van dit waarmee God besig is. Deur God te aanbid terwyl ons teleurgesteld is, help ons om sy hoop vir ons te sien en dat Hy wag om die ewigheid saam met ons deur te bring. Wanneer ons Hom aanbid, sê ons aan God dat Hy goed is, al verstaan ons nie wat Hy doen nie. 



Dit is nou die tyd om te vertrou dat Hy nie slegs in en deur ons sal werk nie, maar ook in en deur ons teleurstellings om ons sodoende nader aan Hom te bring en om ander te beïnvloed. Kom ons betaal ons pyn geestelik vooruit sodat God elke faset van ons lewens kan terugkoop. 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

When Disappointment Strikes

Moes jy onlangs teleurstelling hanteer het? Niemand is daarvan kwytgeskeld om dit te ervaar nie. Ongeag wie ons is, ons sal almal tye beleef wanneer ons nie gekry het wat ons wou gehad het nie. Wat moet ons dan met ons t...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid