Leesplan inligting

Wanneer Teleurstelling ToeslaanVoorbeeld

When Disappointment Strikes

DAG 1 VAN 4

Omskryf Teleurstelling



Wanneer ons teleurstelling ervaar, is dit omdat ons sekere onvervulde verwagtinge gehad het. Ons het al ons hoop op 'n ervaring, gebeurtenis, of selfs 'n persoon geplaas, maar dit het nie verloop soos beplan nie. Sommige dinge stel ons teleur, maar affekteer ons net vir 'n rukkie. Ander teleurstellings breek weer ons harte. 



Ons mislukte verhoudings

Ons kry nie die werk nie

Die reis word gekanselleer

Ons verloor 'n geliefde

Ons planne val deur die mat

Teleurstelling is wanneer daar 'n gaping is tussen ons verwagtinge en wat eintlik gebeur het. Dikwels is dit 'n teleurstelling wat veroorsaak dat ons God bevraagteken omdat ons wonder hoekom ons begeertes en hoop nie vervul is nie. Ons voel dat Hy ons in die steek gelaat het. 



Daar was 'n man in die Bybel genaamd Josef, wat teleurstelling baie goed geken het. Op 17-jarige ouderdom het sy broers hom verraai en as 'n slaaf in Egipte verkoop. Kort na sy aankoms is hy verkeerdelik aangekla en in die tronk gegooi. Hy het iemand in die tronk gehelp en gedink dit sou tot sy vrylating lei, maar hulle het heeltemal van hom vergeet. Alhoewel niemand presies seker is nie, word vermoed dat hy tussen 10-12 jaar in die tronk gebly het vir 'n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. Praat van teleurstelling. Dinge het nie verloop soos wat Josef gehoop het nie. 



Ons ervaar ook teleurstelling omdat ons dink hierdie wêreld is veronderstel om perfek te wees. Ons mag dit nie altyd so uitdruk nie, maar ons hoop dat ons eendag met ons droom persoon sal trou, in elke klas uitblink, of 'n winsgewende loopbaan sal losslaan. Al gebeur baie goeie dinge in ons lewe hier op aarde, onthou egter: hierdie aarde is nie ons woning nie. Die aarde is beslis nie perfek nie, daarom moet ons ook ons verwagtinge daarvolgens aanpas. 



Selfs al is hierdie aarde nie ons ware of ewige woning nie, sal ons steeds hier woon totdat ons ons laaste asem uitblaas. God wil nie hê dat ons tyd op aarde ellendig moet wees nie. Hy het vir Jesus gestuur om ons te kom red. Hy wil hê dat ons hoop, vreugde en vrede sal ervaar in ons tydelike woning op aarde. 



Ongeag ons geloofsoortuigings, verstandelike vermoëns, sosiale status of finansiële stand, sal teleurstellings deel van ons lewens wees. Dit is nie iets wat ons geniet nie en ons is gewoonlik gretig om hierby verby te kyk of om dit na 'n gedeelte van ons brein te verskuif waar ons dit hopelik vinnig sal vergeet. Dit sal ons nie help om beter te voel nie — dit sal net ons genesing verleng. 



Oor die volgende drie dae van hierdie leesplan gaan ons deur ons teleurstellings werk, dit ontleed en daardeur groei om gesond te kan word en dit tot voordeel van ander te gebruik. Vra God om jou voor te berei om waarlik die teleurstellings wat jy moes deurgaan te verwerk, sodat jy gesonder aan die anderkant sal uitkom.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When Disappointment Strikes

Moes jy onlangs teleurstelling hanteer het? Niemand is daarvan kwytgeskeld om dit te ervaar nie. Ongeag wie ons is, ons sal almal tye beleef wanneer ons nie gekry het wat ons wou gehad het nie. Wat moet ons dan met ons t...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid