Leesplan inligting

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in KrisisVoorbeeld

Good News: Encouragement for a World in Crisis

DAG 7 VAN 7

 


God Het Die Ewigheid Vir Ons



Daar is 'n ou gesegde toegeskryf aan Benjamin Franklin wat lui: daar is net twee sekerhede in die lewe — die dood en belasting. Van al die mense wat al gelewe het of nog gaan lewe, sal 100% van hulle doodgaan. In geval wiskunde nie jou sterkpunt is nie; dit beteken almal van ons. 


Almal gaan hulle ewigheid êrens deurbring. Baie mense dink egter nie na oor hierdie waarheid terwyl hulle op aarde woon nie. Daar is sommige mense wat dink die lewe is die hier en nou en dis hoekom hulle hier is. Hulle dink hierdie is hulle tuiste. As volgelinge van Jesus, weet ons dat hierdie nie ons huis is nie. Die apostel Paulus vertel vir ons dat ons "burgers van die hemel is" (Filippense 3:20). Ons is nie gemaak vir die aarde nie, maar om tydelik hier te woon, tot verheerliking van God. 


Dit voel vreemd om te sê dat 'n persoon se lewe net tydelik is, is dit nie? Iemand wat tot 80 of 90 jaar op aarde lewe, het sekerlik 'n goeie, lang lewe. Wel, gemeet teen die ewigheid, is dit glad nie lank nie. Hoe lank is die ewigheid dan? Baie lank. Dis eintlik iets wat ver bo ons begrip is. Dis soos oneindigheid in syfers en dit gaan net aan, dit stop nooit nie. Dit is die ewigheid. 


Vir die persoon wat Jesus as Verlosser aanvaar het en Hom die Here van sy lewe gemaak het, is die ewigheid in die hemel saam met God 'n inspirerende en hoopvolle realiteit. Nogtans, selfs met die vreugde van die ewigheid in ons toekoms, kan die stres en bekommernisse van die wêreld dikwels ons aandag aftrek met wat hier en nou gebeur. Dit is hoekom Paulus vir ons in 2 Korintiërs 4:17 vertel dat "Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby." 'n Vers later gaan hy aan deur te sê: "Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare," wat ons toekoms in die hemel is, want "die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig." Dit behoort vir ons hoop te gee! 


Een van die gewildste Christelike gesange is "Amazing Grace". Die finale vers van hierdie gesang sê:


"When we’ve been there ten thousand years, bright shining as the sun"

"We’ve no less days to sing God’s praise, than when we first begun."


Dink daaraan! Na 10 000 jaar in ons ewigheid, het ons nog nie eens die oppervlak geskraap van wat voorlê nie. Dis verbysterend! Wat in die hier en nou gebeur, is net 'n gedeeltetjie in ons lewens en gaan nie eers merkbaar wees wanneer ons 10 000 jaar in ons ewigheid is nie. 


Kom ons verskuif ons uitkyk van die wêreldse stryd af na die hoop in die hemel. Wanneer ons dit doen sal alles, vir ons wat Hom Here noem, klein lyk in vergelyking met wat God in die toekoms vir ons gereed het.


Wil jy vandag se beeld deel? Druk hier om dit af te laai.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Good News: Encouragement for a World in Crisis

Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid