Leesplan inligting

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in KrisisVoorbeeld

Good News: Encouragement for a World in Crisis

DAG 2 VAN 7


God Is By Ons


"Die Here is by my, ek ken geen vrees nie. Wat kan ’n mens aan my doen?"
Psalm 118:6



As ons dit maar net regtig geglo het, nie waar nie? Ons wil dit glo. Ons probeer om dit te glo. Maar tog raak ons so bang oor wat mense, dinge en omstandighede aan ons kan doen, dat ons heeltemal vergeet Wie by ons is. 




  • Die Skepper van die heelal is met ons. (Psalm 146:6)

  • Die Here, sterk en geweldig is by ons. (Psalm 24:8)

  • Die oppermagtige God is met ons. (Psalm 68:19-20)

  • Die Skepper van die heelal, is by ons. (Genesis 1:1)

  • Ons magtige God, is by ons. (Psalm 95:3)

  • Ons skuil by die Allerhoogste. (Psalm 91:1)

  • Die genadige en regverdige God, is by ons (Psalm 116:5)

  • Die Vredevors, is by ons. (Jesaja 9:5)

  • Die God van genesing, is by ons. (Psalm 147:3)

  • Ons onveranderlike Vader, is by ons. (Jakobus 1:17)

  • Die God wat sy beloftes behou, is by ons. (1 Petrus 3:9)

  • Die God wat ons vergewe, is by ons. (1 Johannes 1:9)


Wanneer ons onthou wie God is en wat Hy alreeds gedoen het, sal dit vir ons makliker wees om in hoop te leef, wanneer die dinge om ons dreig om ons te oorweldig. 


Wat ons gebruik om onsself elke dag mee te vul, is uiters belangrik. Wanneer ons ons gedagtes vul met die waarheid van God se woord, sal ons so vertroud raak daarmee, dat ons dit sal weet wanneer ons met onwaarhede gekonfronteer word. Wanneer ons God met lofsang aanbid of prys terwyl ons na sy skepping kyk, sal dit ons geestelik opbou en ons fokus van ons daaglikse beproewinge aflei. Wanneer ons saam met eensgesinde volgelinge van Jesus deur die lewe gaan, ervaar ons bemoediging in ons belewenisse saam met hulle.


Herinner jouself daagliks dat God nie vir jou 'n ingesteldheid van vrees gegee het nie. Hy het vir ons 'n ingesteldheid van liefde, krag en selfbeheersing gegee! God is ons redding en veilige vesting. Wanneer ons onsself elke dag aan sy waarheid herinner, sal ons sterk staan en weet dat God by ons is en dat niks teen ons kan wees nie.


Wil jy vandag se beeld deel? Druk hier om dit af te laai.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Good News: Encouragement for a World in Crisis

Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid