Leesplan inligting

Onwrikbare Ma'sVoorbeeld

Unshakable Moms

DAG 6 VAN 6

"Vreesloos Deur die Storm"



Daar waar ek groot geword het, het ek 'n paar dinge oor storms geleer. Met hewige weer en tornado's wat stede verwoes, was daar nie 'n vervelige oomblik nie. As jy in 'n gebied woon wat berug is vir geweldige weersomstandighede, bou jy 'n skuiling. Jou huis word op 'n stewige fondament gebou en jy het 'n noodplan. So gaan dit maar as jy in 'n omgewing woon waar daar 'n risiko van storms is.



Ons is besig om te praat oor hoe om 'n vaste fondament te bou. Een wat die toets van die tyd kan weerstaan en op die Woord van God gebaseer is. Maak jy egter voorsiening vir die storms? Dit is onvermydelik dat die storms van die lewe sal kom. Dit is maklik om te sê jy staan onwrikbaar wanneer dit goed gaan, maar ons weet dat storms wel kom, of dalk is jy nou in een.



In Lukas 8 lees ons dat Jesus in 'n boot saam met sy dissipels is. 'n Hewige storm kom op en water stroom in die boot en dit dreig om te sink. Jesus is ten tyde van die storm aan die slaap. Die verhaal het my nog altyd geïnteresseer, want dit was 'n vinnige storm. Daar was nie weerkundiges wat hulle kon waarsku dat 'n storm aan die kom was nie en hulle het blykbaar nie die tekens van 'n storm waargeneem nie. Ek stel my voor dat dit mooiweer was toe hulle uitgevaar het en dat die storm uit die bloute gekom het. Dit was 'n storm wat hulle geloof getoets het. 'n Paar jaar gelede was ek in Israel en kon op 'n boot oor die See van Galilea vaar, waar Jesus die storm stilgemaak het. Ek was verbaas om te sien dat die See van Galilea eintlik net 'n klein meer is. Jy kan van die een wal na die ander sien. Hierdie storm het hulle dus regtig onverhoeds betrap, want hulle sou nie in slegte weer uitgevaar het nie.



"Waar is julle geloof?" het Jesus hulle gevra toe hulle Hom wakker gemaak het.



Hoe dikwels hoor jy daardie fluistering? Hoe dikwels gaan alles goed en ewe skielik tref 'n storm jou, soveel so, dat jy jou geloof verloor? Dalk worstel jy nou met iets ondenkbaar. Jy dink dalk die storm is te veel vir jou om te oorkom. Jy smeek God: "Word wakker en red my!" en Hy vra: "Waar is jou geloof?"



Is jy gereed om die storm vreesloos aan te pak? Staan vas in die wonderlike waarheid dat Christus al die storms reeds oorwin het!

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Unshakable Moms

Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en ...

More

Ons wil graag "Thrive Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief thrivemoms.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid