Leesplan inligting

Onwrikbare Ma'sVoorbeeld

Unshakable Moms

DAG 2 VAN 6

"Reserwes Aanvul"



Elke somer gaan ons gesin met vakansie. Elke ma weet dat "gesin" en "vakansie" nie twee woorde is wat in dieselfde asem genoem moet word nie, né? Sodra jy 'n ouer word is 'n vakansie harde werk. Tog, van die mooiste herinneringe word gemaak tydens daardie uitputtende gesinsvakansies wat julle reserwes weer aanvul en julle siele verfris om weer saam die lewe aan te pak.



Wanneer ek op vakansie is kom ek agter dat daar 'n groot verskil tussen ons kulturele weergawe, en Jesus se weergawe van rus is. Ons is so geneig om by enigiets en enigiemand anders AS by Christus ons reserwes weer te wil aanvul. Ons ontspan langs die swembad (of hardloop agter kinders aan om sonskerm aan te smeer en skree "hou op hardloop asseblief!" vir die duisendste keer), ons kyk rolprente, doen inkopies en bestee buitensporige bedrae aan pretparke. Gedurende Jesus se bediening op aarde, het sy rus heel anders gelyk. Die Bybel vertel dat Jesus vroeg opgestaan het om in afsondering tyd in gebed met sy Vader deur te bring.



Daar is niks verkeerd met al die genotvolle aktiwiteite nie, maar wat as ons uit ons die denkpatroon kon ontsnap dat ons daardie wêreldse genietinge NODIG het om ons reserwes weer aan te vul? Wat as ons nie toegee aan die fluisterstem wat sê: "dit is reg, jy verdien dit!" nie? Jesus was swaarder belas as wat ons ons kan indink. Het Hy aan die einde van 'n lang dag gou 'n koppie koffie by Starbucks gaan drink, of in sy sjokolade voorraad geduik, omdat dit die enigste manier was waarop Hy kon oorleef? Nee, hy het in sy Vader se arms gehardloop. Ons kan baie uit sy voorbeeld leer waar ons ons reserwes moet gaan aanvul. Ek bely ek staan saam met my vriende in die ry, want my voorraad sjokolade is baie kosbaar.



Wanneer ons hierdie week ons reserwes moet aanvul, moet ons na die regte bron toe gaan. Die bron wat ons deur alles staande hou. Ek ondervind wanneer ek "nee" sê vir persoonlike genot en "ja" sê vir Jesus, kry ek die krag wat ek nodig het. Psalms 16:11 stel dit so mooi: "U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is". Susters, ek hoop dat julle jul reserwes slegs by Hom sal aanvul en jul verfrissing net by Hom sal vind!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Unshakable Moms

Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en ...

More

Ons wil graag "Thrive Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief thrivemoms.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid