Leesplan inligting

Onwrikbare Ma'sVoorbeeld

Unshakable Moms

DAG 4 VAN 6

"Ek Sal Jou Staande Hou"



Ek het die deur oopgemaak en daar staan sy met al my gunstelinge in haar arms.



"Ek was nie seker waarvan jy hou nie, toe kry ek maar een van elk," het sy gesê en vir my 'n pakkie tee en klein karton roomys gegee. Sy het my 'n stywe drukkie gegee en amper die pakkies tussen ons twee papgedruk.



"Ek kom jou skottelgoed was," het sy gesê. Sy het haar handsak neergesit, my dogter 'n "vat-vyf" gegee en reguit kombuis toe geloop. Ek dog sy maak 'n grap, want wie doen nou so iets? Ek onthou toe die foto wat ek 'n paar uur gelede op Instagram gepos het van die oorvol wasbak en mandjies vol skoon, maar onopgevoude wasgoed in die agtergrond. Dit was regtig een van "daardie" weke. Ek het dit met 'n knipoog emoji gedeel, maar innerlik was ek besig om te verdrink. Ek kon nie by my kinders, huis en chaos byhou nie. En daar staan sy, besig om my skottelgoed te was terwyl ek stomgeslaan toekyk.



Sulke mense is skaars, nie waar nie? Hoekom is dit so? Hoekom reik ons nie na mekaar uit as iemand hulp nodig het nie? Sy was ook nie juis een met baie ekstra tyd nie, want sy het self drie kinders by die huis gehad. Die gesegde is mos: dit verg 'n hele dorp se samewerking om kinders groot te maak.



Ek herinner myself altyd aan Eksodus 17 as ek aan 'n onwrikbare gemeenskap dink. Moses was in 'n oorlog gewikkel en solank hy sy staf in die lug gehou het, het die Israeliete gewen. Hy kon dit egter nie volhou nie. Sy mense, Aäron en Hur, het toe sy arms omhoog gehou. Hy kon aangaan omdat hulle daar was om te help. Hulle was sy "dorp" wat gehelp het dat hy onwrikbaar deur sy stryd kon gaan.



Wie se arms kan jy omhoog hou? Dit is ongelooflik watter verskil ons kan maak deur net daar te wees vir iemand. As ons mekaar meer kere ondersteun, sal ons 'n stewige fondament vir ons kinders skep. Soms moet ons net aanmeld en sê: "Ek sal jou help om staande te bly!"

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Unshakable Moms

Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en ...

More

Ons wil graag "Thrive Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief thrivemoms.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid