Leesplan inligting

Onwrikbare Ma'sVoorbeeld

Unshakable Moms

DAG 3 VAN 6

"Die Bloudruk van 'n huis"



Ons het onlangs 'n ou houthut gekoop wat in 1930 gebou is. Dit het egter baie aandag en herstelwerk nodig. Gelukkig is my man baie handig. Hy kan omtrent enigiets maak, herstel en kon omtrent enige probleem oplos wat ons in die huis teëgekom het. Ons het die projek met selfvertroue aangepak, want die huis was oorspronklik goed en reg gebou. Dit het nie net 'n stewige fondament nie, maar ook 'n goeie struktuur. Dit is gebou van materiaal wat die toets van agt dekades deurstaan het. Ons het selfs gesukkel om spykers in die hout in te slaan, so hard en stewig is dit. Dit is regtig 'n baie stewige huis, om die minste te sê.



'n Stewige fondament is egter net die begin. Die bouer, ontwerp, metode en materiale wat gebruik word om die huis te bou, bepaal hoe lank die huis staande kan bly. Dink 'n oomblik na oor wie jou huis bou. Jesus is nie net die seker fondament nie, maar Hy is ook die kundige bouer en die hoeksteen wat die huis staande hou. Hy is die argitek wat die bloudruk vir ons ewige woning ontwerp het. Hy bou 'n koninkryk wat vir ewig is en Hy wil dit in en deur ons bou.



Paulus waarsku die kerk in 1 Korintiërs 3: 11-13 "want niemand kan 'n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus. Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom." Paulus sê vir ons dat enigiets anders as Jesus, deur die lewensstorms verwoes sal word. Tot die mooiste versierings kan nie swak bouwerk wegsteek nie. Met tyd sal dit duidelik word.



Wil ons nie maar almal ma's met baie selfvertroue wees nie? Geen vrees vir die toekoms en bekommernis oor hoe om dit aan te pak nie? Geen bekommernis oor lewensmiddele nie. Geen rustelose nagte van wonder of alles wat jy opgebou het onder die druk van die wêreld sal swig nie. Daar is nou vir jou vryheid. As jy 'n onwrikbare, vreugdevolle ma wil wees wat aan die koninkryk bou, moet jy net vir Jesus volg. Hy is die kundige en Hy dra alreeds die las op sy skouers. Asem vandag sy genade diep in en gaan vol selfvertroue vorentoe met die wete dat Hy iets ongeloofliks in jou aan die bou is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Unshakable Moms

Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en ...

More

Ons wil graag "Thrive Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief thrivemoms.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid