Leesplan inligting

Onwrikbare Ma'sVoorbeeld

Unshakable Moms

DAG 1 VAN 6

"Vaste Fondament"



Onsekerheid is seker een van die ergste gevoelens op aarde. Dit beroof jou van selfvertroue, rus en vryheid. So baie herinneringe kom na vore terwyl ek oor hierdie woord skryf. As jong dogtertjie was ek baie bang vir die donker en het onder die komberse uitgeloer om te kyk of daar dalk 'n monster in my kamer was. Ek was alleen en het niemand geken toe ek na 'n nuwe skool moes gaan nie en het gewonder of ek ooit vriende sou maak. Terwyl ek vir 'n musiekblyspel 'n oudisie moes doen, was ek senuweeagtig en bang dat ek dalk van my liedjies se woorde sou vergeet. Dit was vir my moeilik om 'n uitrusting te kies om 'n seun te beïndruk en sy belangstelling te behou. Later was ek nie seker of ons die verantwoordelikheid sou kon hanteer toe ons ons eerste huis gekoop het nie. Net so was ek oorweldig deur die realiteit en verantwoordelikheid van ouerskap toe ek my eerste baba huis toe gebring het. Al hierdie oomblikke het my onseker gelaat en laat hunker na iets wat my staande kon hou ten spyte van enige gebeure.



So dikwels laat ek toe dat omstandighede my rigting bepaal. Dit gebeur so maklik, want ons reageer op dit wat ons kan aanraak en sien. Byvoorbeeld: As jou kind se gedrag in die skool probleme veroorsaak, kry jou kind so maklik die etiket as 'n probleemkind of jy as 'n slegte ma. Wanneer 'n droom aan skerwe spat kan jy maklik verlore voel en jou identiteit betwyfel. Ons is egter nie geroep om volgens ons menslike natuur te lewe nie. Ons is geroep om deur die Gees te lewe, en om dit te kan doen moet ons op 'n vaste fondament staan. Een wat getoets en goedgekeur is. Een wat ons weet nie deur die skokke en veranderinge van die lewe beïnvloed kan word nie. As ons bou op wat ons met ons menslike oë kan sien, sal ons aanhoudend rondval in hierdie wêreld wat gedurig verander. Dit is nie 'n lewe wat in Jesus geanker is nie. Trouens, die Bybel noem dit kinderlik. Ons word geroep om in alle dinge groot te word deur Christus. Hy is die sekuriteit waarop ons geroep word om ons lewens te bou.



Op watter fondament staan jy vandag? Waarop bou jy jou lewe? Wanneer die wêreld vir die donker bang is en onder die komberse wegkruip, kan jy onwrikbaar wees en soos 'n baken in die nag skyn. Jy kan onseker dae oorkom, omdat Hy jou vaste fondament is.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Unshakable Moms

Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en ...

More

Ons wil graag "Thrive Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief thrivemoms.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid