Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 5 VAN 5

Stel Jou Vertroue In God



Dalk het jy 'n lewensveranderende besluit geneem terwyl jy deur hierdie oordenkings gewerk het. Jy het besluit om 'n nuwe verhouding te begin, of jy het besluit om 'n slegte verhouding te beëindig. Jy hou dalk op om met die teenoorgestelde geslag uit te gaan, omdat jy op jou verhouding met God wil fokus. Jy het dalk berou oor jou sonde. Miskien het jy nuwe standaarde vir jou optrede gestel voor jy trou. Dalk wy jy jou opnuut aan jou huwelik toe. Of miskien het jy 'n ou droom, wat jy gedink het dood was, laat herlewe. Of dalk het jy God weer die belangrikste persoon in jou lewe gemaak.



Wat dit ook al is, ek is trots op jou. Dis waaroor hierdie oordenkings gegaan het — jy kom in lyn met God se doelwitte vir jou. Laat ek jou gerusstel — jy kan jou doel bereik.



Al kan jy nie onthou by hoeveel mense jy al geslaap het nie en nog steeds vreeslik alleen voel. Al voel dit of slegte herinneringe en dwase verhoudings jou nie wil los nie. Al was jy al drie keer geskei. Al besef jy dat jy sonder vriende sal wees as jy ontslae raak van almal wie se slegte invloed jou goeie karakter versuur. Al het jy baie kere probeer en gefaal om aan God getrou te wees en die gedagte om weer te probeer maak jou moeg. Selfs dan kan die volgende keer baie anders wees. 



Dis omdat jy dit nie alleen hoef te doen nie. Jy stel nie jou vertroue in jouself nie. Jy stel nie jou vertroue in 'n vriend of familielid se voorbeeld, asof dit die een is wat jy klakkeloos moet volg nie. Jy stel nie jou vertroue in 'n sosiale media profiel, een of ander toep om mense te ontmoet of "hoe-om-vriende-te-maak-en-mense-te-beïnvloed"-kursus nie. Jy stel jou vertroue in God.



Onthou: "... want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer" (Filippense 2:13). Ek dink Hy het jou alreeds die begeerte gegee. Nou gaan Hy ook vir jou die krag gee. Hy gaan jou help om verhoudings te vestig wat Hom sal eer en jou terselfdertyd meer bevrediging en vervulling sal gee.



Bid 'n gebed van toewyding om op God se krag te vertrou en sy leiding te volg om die regte soort verhoudings na te streef.





Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Vind meer uit oor VERHOUDINGSDOELWITTE.  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pas...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/624364/relationship-goals-by-michael-todd

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid