Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 3 VAN 5

Jy Moet Jouself Liefhê



Een van Jesus se bekendste woorde was: “'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.' Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself'" (Matteus 22:37-39. 



Dit wys vir ons die verbintenis wat daar tussen 'n verhouding met God en verhoudings met mense is, soos ons in die eerste oordenking gesien het. Kom ons kyk in meer diepte na die tweede grootste gebod. Let op wat dit sê: "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." Jesus het 'n ooglopende verbintenis gemaak tussen ons liefde vir ander en ons liefde vir onsself. 



Die meeste van ons bestee so baie tyd aan dinge wat ons van onsself haat, dat ons nie besef dit belemmer ons vermoë om ander lief te hê nie. Daar is geen manier waarop jy iemand anders in 'n verhouding kan liefhê, as jy nie eers self ontdek het hoe om vir jouself lief te wees nie. 



Sommige mense behandel hulleself baie sleg. Ons is met baie minder tevrede as wat ons weet ons verdien. Ons skend ons liggame en harte en laat ander toe om dieselfde te doen. Ons gebruik ons eie woorde om onsself gedurig af te kraak. 



Dink 'n bietjie hieroor: As jy jouself van minder waarde ag, sal jy noodwendig jou buurman, of selfs jou huweliksmaat, op dieselfde manier behandel. 



Om jouself te leer liefhê soos God dit bedoel het, moet jy 'n verhouding met God, wat liefde is, bou. Onthou dat jou verhouding met Hom die belangrikste is. Om jouself lief te hê beteken dat jy moet aanvaar wie God jou geskep het om te wees, al is dit ook hoe moeilik. Jy sal tyd moet maak om jou vervulling in Hom te vind en te besef dat net Hy die leegheid in jou binneste kan vul. 



Hoe God jou gemaak het was nie 'n fout nie. Onthou dat Hy die mensdom gemaak het en gesien het "dit was baie goed!" (Genesis 1:31). Hy noem jou sy meesterstuk (handewerk in Efesiërs 2:10 NLV). Hy wil hê jy moet jouself sien soos Hy jou sien — geliefd en waardevol.



Watter hindernisse keer jou om jouself op 'n gesonde manier lief te hê?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pas...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/624364/relationship-goals-by-michael-todd

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid