Leesplan inligting

VerhoudingsdoelwitteVoorbeeld

Relationship Goals

DAG 2 VAN 5

"Die Gewer van Verhoudings"



Ons moet na die skepping teruggaan vir 'n tweede oordenking, want dit lê die grondslag vir ons begrip aangaande verhoudingsdoelwitte. Stem jy saam?



God het die son, maan en hemelruim geskep en gesê: "Dit is goed." Hy het water en droë grond gemaak en gesê: "Dit is goed." Hy het plante soos spinasie en kool gemaak, en toe vir my, al die bestanddele van gesonde sielekos, en gesê: "Dit is goed." Daarna het Hy die seediere soos Willy, Nemo en Flounder gemaak, asook die wilde diere soos Timon, Pumbaa en Simba, en gesê: "Dis goed." Nadat Hy Adam gemaak het, het Hy gesê: "Dis baie goed." Alles was goed.



Kort daarna het God egter vir die eerste keer gesê: "Dis nie goed nie." Dis nie God wat verbrou het nie — Hy maak nooit foute nie. Daar het iets kortgekom. Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie (Genesis 2:18).



Hierdie beginsel is ook vir al Adam se kinders waar. Dis nie goed vir jou om alleen te wees nie. Dis nie goed vir my om alleen te wees nie. 



Wanneer ons 'n beskermde en geslote lewe lei, kom die vyand om ons aan te val. Wanneer ons geïsoleerd is, is die risiko groter om na leuens oor wie ons is, te luister en om te glo dis waar. 



Ons het almal verhoudings met ander mense nodig om ons aan die waarheid te herinner en die leuens te verdryf, wat aan ons harte die liefde kan betoon wat dit so nodig het, en wat ons op ons lewenspad kan help. God weet dit. Dis hoekom God ons in verhoudings wil sien. 



Is dit moeilik om te glo dat 'n groot gedeelte van God se plan vir jou lewe verhoudings insluit? 



Hy wil hê jy moet 'n beste vriend hê, al het die vorige een jou in die rug gesteek. Hy wil hê jy moet leraars en raadgewers hê wat vir jou 'n veilige plek om te groei kan skep en te word wat jy moet. Hy wil hê dat jy in 'n huwelik moet wees wat werk en vol liefde, eer, respek en pret is. Toegegee, jou vorige verhoudings was dalk net die teenoorgestelde hiervan. God is egter 'n Redder, dus kan Hy enigiets wat gebroke is neem en dit vir jou ten goede laat meewerk. 



Bring tyd saam met God deur, dank Hom vir jou bestaande verhoudings en vra Hom om jou in nuwe verhoudings in te lei wat jou sal help om sy doelwitte vir jou lewe te kan bereik.


  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Relationship Goals

As jy vir #RelationshipGoals op sosiale media soek, kry jy heel moontlik beelde van perfekte verliefde paartjies. Hoe nou gemaak as daardie beeld van 'n verhouding net 'n hersenskim is van wat die samelewing voorhou? Pas...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/624364/relationship-goals-by-michael-todd

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid