Leesplan inligting

Lewende Hoop: 'n Aftelling tot PaasfeesVoorbeeld

Living Hope: A Countdown to Easter

DAG 1 VAN 3

"Waarom het U my verlaat?"


Verbeel jou jy kyk na Jesus wat aan die kruis hang. Die enigste manier hoe Hy kan asemhaal, is om Homself op te druk deur middel van die spykers in sy polse en enkels. 


Terwyl die dag ten einde loop, gebruik Hy elke bietjie krag wat Hy oorhet om Homself nog 'n keer op te druk en uit te roep: "My God, my God, waarom het U my verlaat?" 


Om eerlik te wees moet ons erken dat ons almal al oomblikke gehad het toe ons God bevraagteken het: "Waar is U? Waarom het U my verlaat?" 


Hoe behoort ons te reageer as ons onsself in omstandighede bevind waar ons alleen, angstig en in die steek gelaat voel? 


Jesus se woorde aan die kruis kom eintlik uit Psalm 22 — 'n profetiese klaaglied wat deur koning Dawid geskryf is. In baie opsigte gaan hierdie psalm oor Jesus, maar dit bied ook vir ons drie stappe om te volg wanneer ons alleen voel: 


1. Wees eerlik met God oor hoe jy voel.


Verhoudings moet op eerlikheid gebou word. As jy dus voel dat God jou in die steek gelaat het, vertel Hom daarvan. Vra jou vrae vir God en berei jou hart voor om sy antwoorde te hoor. 


2. Gee God nogtans die eer.


Ons gevoelens verander nie die feit dat God waardig is om aanbid te word nie. In der waarheid is dit dikwels deur aanbidding wat ons die kuur vir bekommernis ontdek. Wanneer ons fokus op wie God is, verander ons siening — al verander die omstandighede nie.


3. Herinner God aan sy beloftes.


Regdeur Psalm 22 sê Dawid vir God: "Ek weet wie U is en omdat U altyd getrou is aan u karakter, bevry my soos U u mense voor my bevry het." Om God aan sy beloftes te herinner is nie net 'n geloofsdaad nie, maar dit help ons ook om die getrouheid van God se karakter te onthou. 


Uiteindelik is God se getrouheid aan ons bewys toe Jesus gekruisig is. Jesus was gewillig om alleen aan die kruis te ly, sodat ons ewige kameraadskap met God kan ervaar. Jesus is die profetiese vervulling van Psalm 22. Omdat Hy verwydering van God ervaar het, hoef ons dit nooit te verduur nie. 


Ruim tyd in om aan Jesus se finale offer vir jou te dink. 


Bid: Dankie Jesus, dat U my van ewige verwydering van U gered het. Omdat U gewillig was om verwydering van u Vader te verduur, hoef ek dit nooit te doen nie. Help my vandag om stil te word en na te dink oor die omvang van u offer en om U die eer te gee wat U toekom. U is altyd my aanbidding werd ongeag hoe ek voel. Daarom kies ek dus vandag om U te aanbid. In die Naam van Jesus, amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Hope: A Countdown to Easter

Hoe behoort jy te reageer as duisternis jou omring? Bestudeer vir die volgende drie dae die Paasverhaal en ontdek hoe om aan te hou hoop as jy in die steek gelaat word en alleen of onwaardig voel.

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid