Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 1 VAN 23

Waar Glo Jy Kan God Jou Gebruik?


Jou diens is broodnodig in die liggaam van Christus — vra maar enige plaaslike kerk! Ons het elkeen 'n rol om te vertolk en elke rol is belangrik. Daar is nie iets soos 'n "klein diensie" aan God nie; alles maak saak.


Net so is daar ook geen groot, betekenisvolle bedieninge in die kerk nie. Sommige is sigbaar en ander word agter die skerms gedoen, maar alles is van waarde. Dikwels maak die klein of verborge bedieninge die grootste verskil.


In ons huis is die belangrikste lig nie die groot kandelaar in ons eetkamer nie, maar die klein nagliggie wat verhoed dat ek my toon stamp wanneer ek in die nag opstaan. Net so is daar geen verband tussen grootte en betekenisvolheid wanneer dit by diens aan die liggaam van Christus kom nie. Elke bediening maak saak en ons is almal op mekaar aangewese om te funksioneer.


Wat gebeur dus as iets in jou liggaam nie funksioneer nie? Jy word siek. Die res van jou liggaam ly daaronder. Stel jouself voor as jou lewer besluit om net vir homself te lewe: "Ek is moeg! Ek wil nie die liggaam verder dien nie! Ek gaan 'n jaar lank afneem om te rus. Ek moet doen wat die beste vir myself is! 'n Ander deel kan nou oorneem."


Wat sal gebeur? Jou liggaam sal sterf. Daar sterf vandag duisende plaaslike kerke omdat Christene onwillig is om te dien. Hulle sit as toeskouers aan die kantlyn terwyl die liggaam ly. God roep jou tot 'n diens wat jou wildste drome oortref. Hy het jou vir 'n lewe van goeie dade geskep, wat Hy ook reeds vir jou voorberei het (Efesiërs 2:10). Wanneer jy ander op enige manier dien, is jy eintlik besig om vir God te dien.


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid