Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 9 VAN 23

Vier jou GESKIKTHEID


God sal nooit 'n ondervinding verkwis nie. Romeine 8:28: "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


By die Saddleback Kerk, help ons mense om vyf areas van ondervinding te ondersoek om so vas te stel vir watter soort bediening hulle die mees geskik is:


1. Opvoedkundige ervarings: Wat was jou gunsteling vakke op skool?
2. Beroepservaring: Van watter beroep het jy gehou en het jy die beste mee gevaar?
3. Geestelike ervarings: Watter was die mees betekenisvolle of beslissende tye wat jy met God in jou lewe deurgebring het?
4. Bedieningservaringe: Hoe het jy God in die verlede al gedien?
5. Ervarings van pyn: Uit watter probleme, seerkry of beproewinge het jy al geleer?


God het oppermagtig bepaal waarvoor jy vir sy doel GESKIK is, daarom moet jy nie daaroor teëstribbel of dit verwerp nie. "Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: 'Waarom het jy my so gemaak?' Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?" (Romeine 9:20-21).


In plaas daarvan om jou geskiktheid te probeer verander om soos iemand anders te wees, moet ons vier waarvoor God elkeen van ons GESKIK gemaak het.


Om te verstaan waarvoor jy GESKIK is, bou ook jou selfbeeld. In ons samelewing is daar vandag 'n epidemie van mense met 'n lae selfbeeld. Die meeste mense hou nie eens van hulself nie. Volgens navorsing, is bewys dat meer as 50% mense in die verkeerde beroepe is. Ek glo dat 'n opregte selfbeeld — teenoor 'n selfbeeld volgens gewilde media voorstellings — is op twee Bybelse waarhede gevestig. Dit gaan nie daaroor om jou sokkies op te trek, of op positiewe denke, of die "Ek is goed; jy nie eintlik nie"-filosofie nie. 'n Opregte selfbeeld ontwikkel deur jou verhouding met Jesus en die wete waarvoor Hy jou geskep het.


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid