Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 7 VAN 23

God Gebruik Jou Probleme Ten Goede


Die lewe is nie 'n reeks sinnelose toevallighede nie. Die lewe is ook nie heeltemal onbeplan of sonder sin nie. God weet wat gebeur. Hy weef die tapisserie van jou lewe en gebruik die ligte en donker gare — die tye van geluk en van hartseer — om rykheid, tekstuur en kleur aan jou lewe te gee. Niks kan die lewe van 'n kind van God binnekom sonder God se toestemming nie. Alles word deur die Vaderhand gefiltreer.


Moenie my misverstaan nie. Ek sê nie dat alles wat in jou lewe gebeur, die volmaakte wil van God is nie. Dit is eenvoudig nie waar nie. Daar is baie dinge wat nie die wil van God is nie. As jy sonde gaan doen, is dit nie die wil van God nie. As iemand teen jou sondig, is dit nie die volmaakte wil van God nie.


God het 'n toelaatbare wil. As ek na 'n restourant gaan en my ooreet, sal ek die gevolge dra. As ek my liggaam seermaak, sal ek die gevolge dra. God veroorsaak nie slegte dinge of lyding nie. Hy laat dit wel toe omdat Hy daarmee 'n doel het. God laat dit toe en dan gebruik Hy dit.


God blink daarin uit om die goeie uit die slegte voort te bring. Hy kon byvoorbeeld verhoed dat Paulus in die tronk in Filippi beland, maar Hy het dit toegelaat en so het die tronkbewaarder 'n gelowige geword. God kon voorkom dat Jesus gekruisig word, maar Hy het dit toegelaat. Hy het sy eie Seun laat ly en sterf. Dink jy die goeie het daaruit voortgekom? Beslis!


God hou daarvan om van kruisigings, opstandings te maak. Daardie dinge wat jy die meeste wens uit jou lewe verwyder moet word, is dikwels die dinge wat God gebruik om jou in die gelowige te vorm wat Hy wil hê jy moet wees. Hy wil daardie probleem ten goede in jou lewe gebruik. Daar is iets belangriker as jou pyn. Dit gaan oor wat jy uit jou pyn leer. God is in beheer.


Wat is dus die geheim? Hoe moet ons reageer? Ons reaksie moet wees om verby die pyn te kyk.


"Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly" (2 Korintiërs 4:16-17).


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid