Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 5 VAN 23

Jy Het 'n Eksterne Kragbron Nodig


Het jy al agtergekom dat jy baie keer jou eie grootste vyand is? Dit is jou eie reaksie, jou vrese en jou eie tekortkominge wat veroorsaak dat jy dwaas optree. Ek weet dit is met my die geval.


Ek moet van myself gered word, want daar is dinge in myself waarvan ek nie hou nie — dinge wat ek wens ek anders gedoen het, dinge wat ek graag sou wou verander. Ek kan dit egter nie verander nie, ten minste nie uit my eie krag nie. Ek het 'n eksterne kragbron daarvoor nodig.


Jy sê dalk: "Ek kan verander." Ek is jammer om dit te sê, maar jy kan nie. Elke Nuwejaar maak jy dalk 'n lys voornemens en teen die einde van Januarie lê die lysie in die snippermandjie. Waarom? Omdat jy nie op jou eie kan verander nie; jy het die krag van God daarvoor nodig. Jy het 'n Verlosser nodig, Iemand wat die veranderinge kan aanbring wat jy nie self kan nie.


Die waarheid is eintlik dat jy soms voel of jou lewe buite beheer is. Dit is 'n redelik algemene gevoel. Welkom by die menseras!


Die apostel Paulus het ook 2 000 jaar gelede so gevoel. Hy skryf in Romeine 7:24-25 (DB): "Wat ’n patetiese mens is ek nie! Ek leef in die doderyk. Wie kan my uit hierdie gemors verlos waarin my liggaam vasgevang is? Goddank! Daar is wel Iemand wat my uit hierdie doodsbestaan kan bevry. Sy Naam is Jesus Christus! Hy is ons Here." Dit is die antwoord!


Jy soek dalk daardie ding wat jy glo vervulling, betekenis en vrede in jou lewe sal gee. As jy egter nie by Jesus jou verlossing soek nie, dan sal jy in al die verkeerde plekke gaan soek en dit is wat jou frustreer.


Party mense dink as hulle net eers getroud is, of 'n sekere werk kry of bevordering, of 'n sekere hoeveelheid rykdom vergader, of 'n baba kry — of as ons babas net wil grootword en deur universiteit kom! — dan sal dinge wonderlik wees. Baie ander soek verlossing in self-helpboeke, terapie, nuwe giere, 'n dieet of vakansies.


As dit jy is, dan soek jy op die verkeerde plekke.


Die antwoord lê nie in omstandighede nie. Dit is nie by 'n plek of in 'n program of pil nie. Die antwoord is 'n persoon: Jesus Christus. Jy is deur God en vir God geskep, en voordat jy dit nie verstaan nie, sal niks sin maak nie.


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid