Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 3 VAN 23

Waarom Ons Bid: "Laat U Wil Geskied"


Ons aanbid God wanneer ons elke keer wat ons bid aan Hom ons lewens gee. Ons leer by Jesus om onsself elke keer aan God se wil te verbind wanneer ons bid.


God het 'n spesifieke wil vir jou lewe. In Romeine 12:2 staan dat God se wil vir ons "goed en aanneemlik en volmaak" is. Om met God te verbind, is gedeeltelik om te sê: "Vader, wat is vandag u wil vir my? Ek wil doen wat u wil is."


In die hemel geskied die wil van God in volmaaktheid. Die probleem is dat die wil van God nie altyd op aarde geskied nie. Daarom bid ons: "laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel." Ons sê dus: "Vader, ek wil myself aan U onderwerp. Ek wil dit doen wat U van my vra."


Jy kan op drie verskillende maniere bid: "Laat u wil geskied". Jy kan dit met wrewel sê: "Laat u wil geskied, maar ek hou nie daarvan nie." Jy kan dit in berusting sê: "Laat u wil geskied, want ek kan niks daaraan doen nie." Of jy kan dit met verwagting sê: "Laat u wil geskied, want ek weet dis die beste en daarom wil ek dit vandag vir my lewe hê!"


As kind het ons na 'n gewilde TV-program gekyk "Pa Weet die Beste". Jou aardse pa weet dalk nie altyd wat die beste is nie, maar jy kan daarop vertrou dat jou hemelse Vader altyd die beste weet. Dis wat dit beteken om te sê: "Laat u wil geskied."


Bid hierdie gebed: "Vader ek weet dat u wil vir my lewe by verre beter is as waaroor ek kan ooit droom. Ek wil my lewe aan U oorgee. Ek wil u wil in my lewe hê."


Luister na vandag se klankonderrig van Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid