Leesplan inligting

Om Deur Geestelike Valleie te Gaan Voorbeeld

Walking Through Spiritual Valleys

DAG 2 VAN 5

Ons Sal Nooit Alleen Wees Nie



Soms is dit 'n storm in jou lewe wat jou na 'n plek toe waai waarna jy verlang om te wees. — Beth Moore 



Dis moeilik om jou voor te stel dat Jesus, die Seun van God, deur moeilike geestelike tye gegaan het. Tog het Hy. Daar was twee spesifieke tye toe Hy meer deurgemaak het as wat enige mens kan begryp. 



Jesus se Versoeking

Jesus het sy eerste 30 jaar as 'n normale mens deurgebring, voordat Hy sy 3½ jaar van openbare bediening begin het. Nog voor Hy enigiemand gesond gemaak het of uit die dood opgewek het, is Hy in die Jordaanrivier deur Johannes die Doper gedoop. Lukas 4:1 vertel vir ons dat Jesus “vol van die Heilige Gees” was toe Hy die Jordaanrivier verlaat het en dan sê die volgende sin: “en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei.” Wat 'n verstommende gedagte. Ons weet hoe Satan Jesus versoek het, dus is dit vir ons as mense moeilik om te begryp waarom die Heilige Gees vir Jesus juis daarheen gelei het. 



Jesus het 40 dae in die woestyn deurgebring sonder om enige kos of water in te neem. Die duiwel was by Jesus en het hom gepeper met twyfel, aanvalle en vrae. Hy het vir die Verlosser van die wêreld 'n kans aangebied om enige swaarkry heeltemal te vermy. Jesus het egter nie daarvoor geswig nie. Al was Hy fisies swak, het sy gees volhard. Hy het waarhede uit die Skrif gebruik as 'n wapen om sy geestelike vyand te weerstaan. 



Die Kruisiging van Jesus

Kort voordat Jesus sy laaste asem aan die kruis uitgeblaas het, het Hy uitgeroep: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matteus 27:46). God het Homself van sy volmaakte Seun losgemaak, want die wêreld se verlede, huidige en toekomstige sondes het op Jesus se skouers aan die kruis gerus. Omdat God nie sonde kan verdra nie, moes sy intense toorn die omvang van die sonde in die wêreld onder hande neem, en Hy het dit met een slag gedoen deur sy Seun te verlaat. Dit sou die enigste keer in alle ewigheid wees wat God sy rug op enigiemand sou draai. As gevolg van so 'n buitengewone daad wat ons Verlosser vir God om sy nabyheid laat smeek het, sal ons nooit alleen wees nie. 



Bring dit nie vir jou 'n gevoel van verligting nie? Al voel jy soms ver van God af en voel dit asof Hy jou alleen gelos het, is jy nie alleen nie en sal jy nooit wees nie. Wanneer moeilike tye jou begin versmoor en swaar tye vir ons 'n lokval stel, staan ons by hierdie waarheid. 



Terwyl jy vandag se oordenking eindig, weet dit: God het jou nog nooit verlaat nie, sal jou nooit verlaat nie en is beslis nader aan jou as selfs jou asem. 



Oordink




  • Dink na oor die feit dat Al jou sondes — verlede, huidige en toekomstiges — op Jesus se skouers geplaas is, sodat jy redding kan ervaar en nooit bang hoef te wees dat God jou alleen sal laat nie. Dink diep daaroor na. Skryf nou of praat oor jou dankbaarheid vir God se liefde vir jou. Sê vir Hom dankie, selfs in jou pyn en geestelike droogtes. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Walking Through Spiritual Valleys

As volgelinge van Christus verkies ons om hoogtepunte in ons geloof te beleef. Dis egter eerder in die geestelike valleie en dieptes waar ons gewoonlik leer om te groei en waar ons geloofshorisonne kan verbreed. Met hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid