Leesplan inligting

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag KersfeesVoorbeeld

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

DAG 1 VAN 7

'n Kind Is Vir Ons Gebore



"Kersfees is nie net 'n tyd van blydskap nie, maar ook een van nadenking." — Winston Churchill 



Het jy al opgelet hoe babas die beste in mense na vore bring? 



Dink 'n bietjie daaroor: mense praat saggies, vriendelik en liefdevol waar babas teenwoordig is. Familielede kom bymekaar om die nuwe baba te sien. Vriende bring geskenke en etes aan die uitgeputte ouers. Om nie eens te praat van mense wat altyd gawer is teenoor verwagtende vroue nie (en tereg ook so). Dis, interessant genoeg, hoe die Kersverhaal ook begin: met 'n baba. 



Jesaja 9:5-6 (AFR20) sê vir ons "'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee," en daardie kind is Jesus. Hierdie Wonderbare Raadsman en Vredevors, is die Redder van die wêreld, waarvoor mense gewag het. Wanneer Hy aarde toe kom sal profesieë vervul word. Hierdie baba, gebore uit 'n maagd, het 'n man geword wat 'n volmaakte, sondelose lewe gelei het. Hy het aan 'n kruis gesterf en uit die dood opgestaan, en vir ons die geleentheid gegee om van ons sonde verlos te word.  



Dis waaroor Kersfees gaan. Desember is egter vol dinge wat ons aandag verg:




  • Om die regte geskenke te kry vir die mense op ons lysie.

  • Om buitengewoon vriendelik te wees wat ons woorde en dade aanbetref.

  • Om 'n smaaklike ete vir 'n partytjie voor te berei.

  • Om 'n aanskoulike kerskaartjie te skep om aan vriende en familie te stuur.

  • Om deel te neem aan aktiwiteite omdat dit 'n tradisie is.


Dis alles goed en wel! As ons egter nie versigtig is nie, kan ons toelaat dat die manier waarop ons feesvier, die Een wat gevier word vervang. Ons kan op Jesus gefokus bly terwyl ons plesier vind in die seëninge van God. Ons is veronderstel om dinge te geniet, nie te aanbid nie.



Kersfees bring iets in ons almal te voorskyn. Daardie iets in ons wat vrygewig, feestelik, vriendelik en sosiaal wil wees. Hoe sal dit egter wees as ons nie hoef te wag tot Kersfees toe om dit doelbewus te doen nie? Ons hoef nie tot Desember toe te wag nie ... 




  • ... ons kan bydra tot 'n nie-winsgewende organisasie.

  • ... ons kan vriendelik wees en mooi met ander mense praat.

  • ... ons kan 'n ete vir ons beste vriende voorberei.

  • ... ons kan 'n kaartjie aan 'n familielid stuur.

  • … ons kan die hele jaar lank tradisies skep rakende ons geloof.


Dit klink na 'n moeilike opdrag, maar dit is nie. Ons moet dit net doelbewus doen. Ons moet dit in ons dagboeke aanteken, notas maak en dit net eenvoudig doen. Dink daaraan hoe dit sal voel as ons in Desember hierdie frases hoor: "Kersfees is 'n tyd om te gee" of "Dis die tyd vir familie en vriende", en ons het dit alreeds vir die afgelope 11 maande gedoen. 



Terwyl ons deur die res van hierdie leesplan lees, sal ons kyk na ons Kerstradisies en maniere vind om dit regdeur die jaar te doen.



Oordink




  • Watter gevoelens het jy hierdie tyd van die jaar? Goed of sleg? Watter ervarings laat jou so voel?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember a...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid