Leesplan inligting

Van Angs na Vrede Voorbeeld

From Anxiety to Peace

DAG 6 VAN 6

Die lewe is vol onsekerhede. Ek het 'n natuurlike neiging om bekommerd te wees dat iets slegs sal gebeur, selfs wanneer dinge regtig goed gaan. Trouens, ek doen dit selfs meer wanneer dinge in my lewe glad verloop. Hierdie geneigdheid om die ergste te verwag hou 'n direkte verband daarmee om te vergeet van God se goedheid en sorg. Ek en jy moet onthou dat God altyd by ons is, en dat ons die ewigheid met Hom sal deurbring.



Om egter eerlik te wees, die ewigheid kan ons oorweldig omdat ons nie positief is oor hoe die hemel sal wees nie. Tog het God die apostel Johannes toegelaat om genoeg te sien en te verwoord om ons opgewonde en met geesdrif te vul oor wat aan die kom is. Die hemel is anders as enigiets wat ons mensdom kan begryp — geen dood, hartseer, rou of trane meer nie. Ek dink dit is veilig om te sê, ook geen angs of depressie meer nie. God sal naby wees, en ons sal vir ewig sy liefde en beskerming ervaar omdat ons sy geliefde kinders is.



In hierdie laaste dag saam, wil ek jou net aanmoedig om na te dink oor die eerste sewe verse van Openbaring, hoofstuk 21. Ek bid dat ongeag hoe besorgd of angstig ons mag wees of hoe moeilik ons huidige omstandighede is, ons hoop sal put uit dit wat voorlê. Dit gaan nie bloot daaroor om vas te klou aan die hoop en vrede wat ons eendag sal hê nie. Dit gaan om aanváárding van hoe geliefd ons is. Hoe meer ons herinner word aan God se diepe liefde vir ons, hoe minder sal die greep van vrees in staat wees om ons harte gyselaar te hou, want sy volmaakte liefde dryf alle vrees uit.


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

From Anxiety to Peace

As jy agterkom dat jy voortdurend met bekommernis en angs sukkel, is hierdie leesplan net vir jou. Daar sal nie 'n kitsoplossing wees wat 100% vrede waarborg nie, ook sal nie elke ding wat angsverwant is aangespreek word...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid