Leesplan inligting

Van Angs na Vrede Voorbeeld

From Anxiety to Peace

DAG 5 VAN 6

Terwyl ek oor die jare die verskillende dinge beoordeel waaroor ek angs of spanning beleef, is daar een gemeenskaplike draad in my reaksie daarteenoor — 'n begeerte om in beheer te wees. Dis asof die afspeel van moontlike negatiewe resultate of die verbeel van onsuksesvolle werkprojekte, my in beheer plaas. Niks sal gebeur sonder dat ek vooraf gewaarsku en voorbereid is om dit in die gesig te staar nie. 



Die probleem is egter dat vertroue en beheer nie saam bestaan nie. Jy kan beheer óf vertroue hê, maar jy kan nie albei hê nie. Dit bied 'n uitdaging wanneer ons in ag neem dat regdeur die Skrif, God se opdrag aan ons is om Hom te vertrou. Trouens, ons sien dikwels dat God se leiding nie die uitkoms insluit nie, ook nie al die besonderhede vooraf bekendmaak nie. 



Die Skrif vertel ons God begeer ons vertroue en afhanklikheid van Hom op ons lewenspad. Abraham het opdrag gekry om sy land te verlaat, maar het nie die spesifieke bestemming vooraf ontvang nie. God se volk is aangesê om 'n bruisende rivier binne te gaan sonder 'n waarborg dat God die waters sou skei. Maria en Marta is tot vertroue uitgedaag toe Jesus opdrag gegee het dat die klip voor hul oorlede broer se graf verwyder moes word. 



Beoordeel vandag jou hart en motiewe. Hoeveel van jou spanning en bekommernis is 'n poging om in beheer te wees? Wend vandag 'n poging aan om Hom weer te vertrou. Hier is 'n paar wenke:




  • Erken jou stryd teenoor Hom en verklaar dat jy Hom wil vertrou. 

  • Stop negatiewe gedagtes binne 30 sekondes wat hulle in jou denke opkom en vervang hulle met gesonde gedagtes.



Baie wetenskaplikes glo dat ons nuwe senuweebane kan skep deur ons gedagtes te verander omdat dit negatiewe denkpatrone verander. Die apostel Paulus praat in 2 Korintiërs 10: 5 daarvan om elke gedagte gevange te neem. Ironies genoeg is die eerste treë om beheer van jou lewe oor te gee juis om beheer van jou gedagtes te neem. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

From Anxiety to Peace

As jy agterkom dat jy voortdurend met bekommernis en angs sukkel, is hierdie leesplan net vir jou. Daar sal nie 'n kitsoplossing wees wat 100% vrede waarborg nie, ook sal nie elke ding wat angsverwant is aangespreek word...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid