Leesplan inligting

Van Angs na Vrede Voorbeeld

From Anxiety to Peace

DAG 1 VAN 6

Hierdie leesplan is geskryf deur Brian Russell — Uitvoerende Direkteur by YouVersion. 



Indien jy sukkel met bekommernis of spanning wat jou in sy greep het, dan loop jy 'n pad waarop ek ook was. Van tyd tot tyd, kom hierdie pad nog na vore en wink my in sy duistere gang af. Maar nou pas ek vaste, daaglikse gebruike toe wat my help om nie in die greep van angs vasgevang te word nie.



Die eerste keer wat ek akute angs en paniek moes hanteer, was jare gelede gedurende 'n uitdagende stadium in my lewe, terwyl ek in die buiteland gewoon het. Ek het 'n nuwe taal probeer aanleer, 'n sakeonderneming begin, die lig van Christus probeer wees waar daar feitlik geen kerk was nie, en ek en my vrou was ouers van 'n jaar-oue tweeling. Dit het gevoel of ek stadig in 'n donker vallei neerdaal. 



Oor die loop van 'n paar maande het ek begin ly aan borskaspyne, hoofpyne en ander siektes wat as 'n katalisator vir vrees en bekommernis gedien het. Tot op hierdie stadium in my lewe, het ek nog nooit so iets ervaar en het nog nooit teen bekommernis gestry nie. Om eerlik te wees, ek het nogal daarop geroem dat ek 'n dapper kansvatter is. Ek het egter gou begin dink aan die ergste moontlike situasies. Ek was oortuig iets ernstig was verkeerd met my of dat iets vreeslik met my gesin sou gebeur. 



Mense sal vra of my angs weens omstandighede, sielkundig of geestelik van aard was. Nadat ek 'n bietjie hieroor nagedink het, was ek oortuig dat die antwoord op al drie "ja" was. Ek glo daar is dikwels veelvuldige dinge wat tot ons angs bydra. Spanning het 'n manier om op te bou tot by 'n punt wanneer selfs diegene met die grootste weerstand, nie teen die opgeboude oormag kan staande bly nie. Dit is net soos ander fisieke beperkinge of siektes wat enigeen by tye ondervind wanneer ons liggame se chemiese balans nie reg is nie. Boonop lyk dit of ons geestelike vyand 'n opportunis is wanneer dit by sy aanvalle kom; hy slaan toe in ons gebiede van swakheid wanneer ons op die laagste oomblikke in ons lewens is.



In hierdie leesplan sal ek nie probeer om alle oorsake van angs of alle oplossings in hierdie algemene stryd aan te spreek nie. Ek gee nie voor om 'n foefieformule aan te bied wat, wanneer toegepas, 'n sorgvrye lewe waarborg nie. Maar ek glo wel dat die beginsels wat hier vervat word, aanwysings bied tot oorwinning soos hulle aanvaar en toegepas word. Hulle help my steeds wanneer ek herhaaldelik teen die glibberige helling van vrees en angs verlei word. Ek bid dat hulle jou ook sal help.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

From Anxiety to Peace

As jy agterkom dat jy voortdurend met bekommernis en angs sukkel, is hierdie leesplan net vir jou. Daar sal nie 'n kitsoplossing wees wat 100% vrede waarborg nie, ook sal nie elke ding wat angsverwant is aangespreek word...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid