Leesplan inligting

Onthou Alles Wat God Gedoen HetVoorbeeld

Remembering All God Has Done

DAG 1 VAN 5

God is 'n magtige God. Niks is vir Hom onmoontlik nie. Hy kan berge versit, die son laat stilstaan en die siekes gesond maak. In Josua 4 lees ons hoe God die magtige taak verrig het om die Israeliete na die beloofde land te bring. God het die Israeliete uit slawerny na vryheid gebring, soos Hy hulle belowe het. As gevolg van die omvang van dit wat Hy gedoen het, wou God nie hê die Israeliete moes vergeet wat Hy vir hule gedoen het nie. God wou die Israeliete vir ewig laat onthou van die wonderwerk wat Hy gedoen en watter magtige en kragtige God Hy is. Dink 'n oomblik terug na die verlede. God het wonderbare dinge in jou lewe gedoen. Hy het jou dalk met 'n wonderwerk genees of verlos van 'n verslawing tot in jou eie beloofde land. Maak vandag tyd om te dink aan al die groot dinge wat God vir jou gedoen het. Prys Hom en belowe Hom dat jy nooit die wonderlike dinge wat Hy gedoen het sal vergeet nie.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Remembering All God Has Done

Dit is vir ons 'n natuurlike neiging om na die toekoms te kyk, maar ons moet nooit van die verlede vergeet nie. Hierdie plan is geskep om jou oor 'n periode van vyf dae te herinner aan alles wat God gedoen het om jou die...

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid