Leesplan inligting

Herwin Jou BalansVoorbeeld

Herwin Jou Balans

DAG 7 VAN 7

HANTEER JOU PYN EN SEERKRY DADELIK!


Weet jy wat doen die meeste van ons met pyn? Ons maak dit toe en ons bêre dit weg. Ons wil dit nie oopmaak nie, want ons wil nie daarmee gekonfronteer word nie. Maak eerder die deur oop en sê: “Ek gaan deur dit werk.” As jy met geestelike oë kyk, sal jy besef hoekom het dit met jou gebeur het. Jy sal die groter prentjie en die plan met jou lewe sien. 


Simson het blind geword sodat hy weer in volle krag en stabiliteit kon optree en die werk doen. Jy moet vra: “Here, maak my blind vir die weelde van hierdie wêreld. Maak my doof vir die lawaai.” As jy begin sien wat Hy sien, sal jy die koninkryksmens word wat jy moet wees. Dan sal jy buite die grot begin leef. Jy sal nie meer eggostemme hoor nie. Jy sal mense sien deur Sy liefdevolle oë. 


Onthou jy die blinde man by die tempelmuur? Jesus loop verby hom en spoeg op die grond, maak klei en sit dit aan sy oë: Hy vra die man wat sien hy, en die man sê hy sien die mense nog nie duidelik nie. En Hy bid weer vir hom. Toe sien hy die mense. Wat hierdie storie sê, is, dit gaan nie een gebed vat om perspektief te kry nie. Jy sal moet aanhou vra en bid en smeek. Met tyd sal die verwronge prentjies wat jy sien, verander in skilderye van hoop. 


Ek hoop dat jy die lesse sal onthou, al gaan dit dalk op die oomblik goed met jou. 


Pyn kom die een of ander tyd oor ons almal se pad – dit kom net in verskillende gedaantes. Wanneer dit wel kom, moet jy gereed wees daarvoor. En dan moet jy daarmee gaan werk. Nie met krag of geweld nie, maar met die influistering van die Gees. Hy sal jou nooit teleurstel nie – ek gee jou my woord! 


Hierdie leesplan is saamgestel uit VAL EN OPSTAAN  deur Andries Enslin, CARPE DIEM MEDIA.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Balans

Jou keuse: Gaan jy toelaat dat jou krisis jou definieer en jou vreugde steel? Of gaan jy sterker word? Dis nie maklik nie, maar dis hoe geloof groei. In hierdie 7 dae wys Andries Enslin ons hoe om jou balans te herwin vo...

More

Ons wil graag Andries Enslin en Carpe Diem Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewensentrum.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid