Leesplan inligting

Herwin Jou BalansVoorbeeld

Herwin Jou Balans

DAG 3 VAN 7

JOU SEERKRY IS VIR 'N GOEIE DOEL


Vir die eerste keer lees ons Simson het gebid. Hy vra net ’n bietjie van die krag wat hy nog altyd gehad het sodat hy kan doen wat hy moet. Hy gaan staan tussen twee pilare en stoot die gebou om waarin baie mense sterf. Met sy dood het hy dus baie meer bereik as met sy hele lewe. 


Elke keer wat jy “doodgaan”, bereik God meer met jou lewe as met al die wonderlike dinge wat jy self bereik het. Jou status, aansien en jou besittings beteken eintlik niks. 


Dis wanneer jy aan jouself sterf wat God iets in jou bereik wat moeiliker is vir iemand wat sterk en selfvoldaan is. Dis wanneer die lewe jou omslaan dat Hy met jou kan werk. 


Ek is so opgewonde hieroor. Ek wil vir almal sê: “Kry jou stabiliteit terug!” Kry net weer die pilare in jou lewe, die twee goed waaraan jy kan vashou terwyl jy deur ’n moeilike tyd gaan, in plek. Wat is die twee goed? Wel, dit kan ’n paar dinge wees: kerk en die Bybel; gebed en gemeenskap; mense en kleingroepe. 


Wat gee stabiliteit in my lewe? 


Wat is die twee goed wat in mý lewe stabiliteit bring? ’n Man het eenkeer vir my gesê: “Word blind en word doof vir die wêreld.” En ek besef, maar dis presies wat met Simson gebeur het. Die feit dat hy blind en doof geword het, het hom stabiliteit gegee. Dit was die “pilare” wat hom gered het! 


Ek hoor hierdie woorde in my gedagtes: Dit wat die wêreld wil gebruik om jou te verwoes is juis dit wat God gebruik om jou sterk te maak. Die Filistyne het beplan om vir Simson blind te maak en hom weg te hou van die Israeliete af. Hy moes soos ’n donkie werk. Maar dit was toe al die tyd die grootste geskenk wat hulle hom kon gee! 


Toe hy blind geword het, kon hy nie meer die teleurstelling op die Israeliete se gesigte sien nie. Miskien het jy ook al skuldig gevoel en jy kon net nie iemand in die oë kyk nie. Daar kom ’n tyd in jou lewe waar jy moet blind word vir mense se reaksies en hulle stories. 


Simson het vir die Filistyne goed laat les opsê. Toe gaan huil die Filistyne by die Israeliete en sê Simson het hulle koringlande afgebrand. Weet jy wat doen Israel toe? Hulle sê nie: “Dis reg, laat dit vir julle ’n les wees” nie. Nee, hulle help om vir Simson te vang. 


Goeie vriende daardie, né? Het jy ook al sulke vriende gehad? Mense wat jou uitverkoop? 


Volg hierdie goeie raad: daar is ’n tyd wanneer jy moet doof word vir alles wat mense van jou sê. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Balans

Jou keuse: Gaan jy toelaat dat jou krisis jou definieer en jou vreugde steel? Of gaan jy sterker word? Dis nie maklik nie, maar dis hoe geloof groei. In hierdie 7 dae wys Andries Enslin ons hoe om jou balans te herwin vo...

More

Ons wil graag Andries Enslin en Carpe Diem Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewensentrum.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid