Leesplan inligting

Herwin Jou BalansVoorbeeld

Herwin Jou Balans

DAG 1 VAN 7

JY KAN NIE REUSE AANDURF SONDER BALANS NIE


As jy ’n rugbyspeler is, dan weet jy dit gaan nie oor wie die sterkste of die vinnigste is nie. Die belangrikste is om op jou voete te kan bly en goeie balans te hê. Jy het seker al gesien party ouens word ge-tackle, maar hulle gaan nie maklik grond toe nie. 


In baie sportsoorte is balans belangrik. Dink maar aan boks en stoei. Balans is die vermoë om jou krag te verplaas in werklike dubbelkrag. Dit help nie jy het krag, maar geen balans nie. Jou krag gaan alles af grond toe en jy val sommer so doef! 


As jy teen ’n Goliat, of mense met strydwaens of Jerigomure moet veg, het jy al die krag moontlik nodig. Dieselfde geld as jy teen stemme in jou kop of teen selfmoord moet veg. Of as jy moet veg om staande te bly in hierdie land, jou werk, of jou huwelik. 


Dit help egter niks jy het krag maar geen balans nie. Anders gaan die ligste windjie jou laat wankel en jy is onderstebo. Ek het al gesien hoe mense langs ’n kis staan en hulle knieë gee letterlik onder hulle mee. Die trauma van die dood vat al die krag uit hulle uit. 


Het jy al ’n lewensveranderende oproep gekry oor dood, siekte of werkloosheid? Ek was al daar wanneer iemand so ’n oproep kry. Ek was eenkeer saam met ’n man in die kar toe hy so ’n tyding gekry het. Hy het heeltemal vergeet om die stuurwiel vas te hou; die wind was uit sy seile. 


Dit vat partykeer weke, maande, selfs jare vir mense om weer hulle balans te herwin. Jy hou op eet, jy kan nie slaap nie, jy wil nie oefen nie, jy wil nie gaan werk nie. Niks maak jou bly nie en niks maak jou hartseer nie. Jy is amper soos ’n zombie. 


Jy móét eers jou balans terugkry voordat jy jou Goliat kan aanvat, en voordat jy die 40 dae se werk kan doen wat die Here jou geroep het om te doen. Jy hoef gelukkig net een tree op ’n slag te gee. Een treetjie elke dag. As jy deur vandag kon kom en vanaand in jou bed kan klim en weet jy het nog jou gesonde verstand, dan was dit ’n goeie dag. 


Volg eenvoudige stappe om deur jou pyn te werk: 


Paulus skryf daar is mense en dinge wat jou balans versteur. Maar hy sê jy moet vasstaan. Jy moenie ’n bangbroek wees nie. In hierdie lewe sál “dood” of trauma jou tref en dan moet jy jou balans kan behou sodat jy die volle sirkel kan voltooi. 


In Hebreërs 12 lees ons soos atlete moet ons die baan “reguit maak”. Dit beteken jy moet eenvoudige maniere vind om deur jou pyn te werk. Jy moet dit logies en prakties begin toepas. 


Beplan jou roete. Waar moet jy hardloop? Wat moet jy met jou lewe doen? Wat wil jy bereik? Moet jy aanhou geld maak, aanhou jaag en op dieselfde manier voortgaan met jou lewe? Definitief nie! 


Merk die baan duidelik. Kry bakens op jou pad en spesifieke doelwitte sodat jy doelgerig groei. As jy reguit na jou doelwitte mik, sal jy weer jou balans herwin. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Balans

Jou keuse: Gaan jy toelaat dat jou krisis jou definieer en jou vreugde steel? Of gaan jy sterker word? Dis nie maklik nie, maar dis hoe geloof groei. In hierdie 7 dae wys Andries Enslin ons hoe om jou balans te herwin vo...

More

Ons wil graag Andries Enslin en Carpe Diem Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewensentrum.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid