Leesplan inligting

Herwin Jou BalansVoorbeeld

Herwin Jou Balans

DAG 4 VAN 7

HOU JOU DOOF EN BLIND VIR MENSE SE PRAATJIES


Toe Simson doof en blind word, toe hy soos ’n donkie meel maal en hy sien niks en hy hoor niks van Israel nie, toe kry hy sy krag terug. Die Israeliete sê: “O, ja, daar is die ou wat saam met die prostitute rondgeloop het.” “O, dis Simson, hy het mos soveel mense doodgeslaan en kyk hoe lyk hy nou!” Maar hy hoor niks nie. 


Daar is tye in jou lewe waar jy moet blind en doof word vir die wêreld. Dit bring weer jou stabiliteit terug sodat jy kan hoor wie God sê jy is. Dan sien jy die droom en die planne wat Hy vir jou het.


Daar sal altyd mense wees wat afgunstig op jou is. Op jou gesin en jou familie. Mense is jaloers want hulle sien daar is goeie dinge besig om in jou lewe te gebeur. Dan begin hulle jou verkleineer want hulle sien dit maak jou seer. As jy nie “blind” en “doof” word nie, dan begin jy hulle glo. Dan dink jy dis regtig wie jy is. Jy glo jou lewe beteken niks. 


Onthou jy die keer toe die dissipels saam met Jesus in die boot was en vergeet het om brood saam te vat? Jesus het geweet wat hulle dink en dis hoekom Hy gesê het hulle het oë maar hulle sien nie. Hulle het ore maar hulle kan nie hoor nie. Dan vra Hy of hulle nie onthou hoe Hy kos vir vyfduisend mense uitgedeel het en daar het nog oorgebly nie. Hy sê hulle harte is opstandig. 


Dis die dinge waarmee die Here wil werk in jou lewe. Die opstand in jou hart teen Sy wil. Die weerstand in jou oor ’n beter geloofslewe. Die teensinnigheid in jou hart om oor te gee aan Sy beheer. 


Jou ore en jou oë kan jou lewe die beste maak of die slegste maak. As ons trauma beleef, wil ons partykeer soetsappige storietjies hoor om ons trauma erger te maak. Party van ons is drama queens, hoor! Ons hou daarvan om onsself jammer te kry. Jy voel later jy het die reg om ’n pity party te hou. 


Maar jy moet begin blind en doof word vir al die seer en die pyn, want jy moet jou balans herwin. Daar is nog ’n Goliat op pad, en daar is nog ’n Jerigo vir jou. Daar is nog strydwaens op pad. Hy wil jou daardeur lei, maar jy moet eers doof word vir die stemme in die grot. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Balans

Jou keuse: Gaan jy toelaat dat jou krisis jou definieer en jou vreugde steel? Of gaan jy sterker word? Dis nie maklik nie, maar dis hoe geloof groei. In hierdie 7 dae wys Andries Enslin ons hoe om jou balans te herwin vo...

More

Ons wil graag Andries Enslin en Carpe Diem Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewensentrum.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid