Leesplan inligting

Herwin Jou BalansVoorbeeld

Herwin Jou Balans

DAG 5 VAN 7

 JY MOENIE NET DIE LEKKER WIL HÊ NIE


Paulus sê ons moenie leef vir die sigbare nie, maar vir die onsigbare. As jou oë baie goed is op aarde, dan is hulle gewoonlik baie sleg in die gees. As jou ore baie goed hoor op die aarde, dan hoor jy nie baie goed in die gees nie. 


Daar is mense wat floreer op skinderstories. Hulle bel die dorp aan die brand om die nuutste skinderstories te kry! As jy iemand ken wat goed ingelig is oor alles wat aangaan in hierdie wêreld, is hulle baie maal redelik swak ingelig oor wat in die geesteswêreld aangaan. Jou ore kan óf gees óf vlees hoor, nie altwee nie. Jou oë kan óf gees óf vlees sien. 


As jy vir drie dae nie nuus gekyk het nie, dan voel jy jy weet nie meer wat aangaan in die wêreld nie. Maar al kyk jy nuus, weet jy nog steeds nie wat aangaan in hierdie wêreld nie! Ons is geneig om te dink meer kennis oor dit wat op die aarde gebeur sal vir ons sekuriteit gee. Maar die teendeel is egter waar. 


Toe ek eenkeer in die Kaap gekuier het, vat my vriende my na allerhande mooi plekke toe. Ons bewonder die hoë berge en die pragtige natuurskoon. Die perfekte naweek. Toe dink ek, wanneer ’n mens te veel mooi op die aarde sien, dan verlang jy nie so dikwels na die koninkryk van God nie. Jy begin dink jy het dit nie nodig nie. Jou oë kan jou begin bedrieg. As jy net die mooi en die lekker soek, raak jy bederf. As jy jou lewe gemaklik inrig, dan gaan jy nie verlang na die hemel nie. Want dis dan so lekker hier, en jy’t alles wat jy begeer! 


Jy moet eerder begin wens jy sien wat God sien en hoor wat Hy hoor. En, nee, dis nie net mooi prentjies nie. Daar is baie seer in die wêreld. 


Hierdie seer laat jou verlang na die koninkryk. As jy nie so nou en dan deur ’n plakkerskamp ry en sien hoe bly party mense nie, vergeet jy dat so iets bestaan. As jy nie af en toe hoor en lees waardeur ander mense gaan nie en met sonde worstel nie, verlang jy nie na die koninkryk nie. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Balans

Jou keuse: Gaan jy toelaat dat jou krisis jou definieer en jou vreugde steel? Of gaan jy sterker word? Dis nie maklik nie, maar dis hoe geloof groei. In hierdie 7 dae wys Andries Enslin ons hoe om jou balans te herwin vo...

More

Ons wil graag Andries Enslin en Carpe Diem Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewensentrum.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid