Leesplan inligting

Ses Stappe Tot Suksesvolle LeierskapVoorbeeld

Six Steps To Your Best Leadership

DAG 6 VAN 7

'n Risiko Wat Jy Moet Neem


Of jy 'n tiener is, op kollege, in 'n gevestigde loopbaan, of afgetree is, nou is die regte tyd om 'n risiko te neem. Neem risiko's terwyl jy groei én wanneer jou kragte afneem. Niemand het nog ooit enigiets bereik deur die veilige pad te kies nie. 


Ek sê nie jy moet met die verkeerde dinge risiko's neem nie. Moenie risiko's met gesonde verhoudings neem nie, moenie jou gesondheid in gevaar stel nie, en moenie peuter met dit wat goed werk nie. Maar, wat is jou teorie? Wat oorweeg jy? Watter diep-gewortelde motivering het jy? Neem 'n risiko in die geloof. 


Ek hou van wat President Jimmy Carter gesê het: "Neem die risiko, want dis waar jy resultate gaan kry." 


Dalk het jy gehoor van die ryk, maar waarskynlik oneerlike sakeman in die Bybel, wat 'n kans gevat het, net om Jesus te kon sien. As hoof tollenaar was hy bekend as 'n finansiële bedrieër, en het hy sy rykdom op daardie reputasie gebou. Eendag het hy sy aansien en sy lewe gewaag deur fisies in 'n boom te klim, sodat hy vir Jesus kon sien. Jesus het ook vir Saggeus gesien, Homself na sy huis genooi, en Saggeus se lewe het byna onmiddellik verander in iets sovéél ryker. 



As jy wil wees wie jy altyd was, doen dan wat jy altyd gedoen het. As jy wil verander wie jy altyd was, verander dan wat jy doen. Met ander woorde, om die vrug van jou lewe te verander sal jy moet risiko's neem.


Wil jy begin om 'n boek te skryf, iemand uitnooi op 'n afspraak, 'n produk bekendstel, 'n bediening begin, 'n kerk begin bywoon, 'n potgooi maak, of enigiets anders? Afhangende van wat God jou lei om te doen, watter risiko sal jy moet neem?


Aktiwiteit: Vertel iemand wat jy vertrou, van die risiko wat jy wil neem. Neem dan die eerste tree.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Six Steps To Your Best Leadership

Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te be...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid