Leesplan inligting

Ses Stappe Tot Suksesvolle LeierskapVoorbeeld

Six Steps To Your Best Leadership

DAG 1 VAN 7

'n Dissipline om mee te Begin



My bruid Amy, my kinders en my personeel, sal jou vertel dat om leiers te ontwikkel nie slegs iets is waarvan ek hou nie, dit is 'n groot deel van wie ek is. Ek glo wanneer die leier beter word, word almal beter.



Oorweeg hierdie vraag: "Is om mense te lei iets wat ek graag wil doen, of vorm dit deel van wie ek is?"



Jou antwoord maak saak, want die meeste leiers vul hul ontwikkelingsplanne met doen doelwitte: "Ek wil meer dinge saam met my kinders doen, ek wil sommer onverwagse dade van liefde aan my vrou betoon, ek sal meer doen om die mense wat ek lei te bemagtig. "Die mees invloedryke leiers skep egter wie doelwitte: "Ek gaan 'n geduldige ma wees wat baie liefhet, ek gaan 'n eggenoot wees wat my vrou ondersteun en baie liefhet, ek sal 'n bestuurder wees wat deur my voorbeeld lei." 



Die mees invloedryke leiers begin met die wie en laat die doen dan daaruit vloei.



Selfs volgens sekulêre standaarde is Jesus stellig die mees invloedryke leier wat nog ooit gelewe het. Hy het slegs drie jaar in die openbaar gewerk en gedurende daardie tyd tienduisende volgelinge bygekry. Na twee duisend jaar vertel die topverkoper boek van alle tye die verhaal van sy lewe, en miljarde mense uit elke deel van die wêreld het hul hele lewens aan Hom gewy en volg Hom.



In die boek Johannes, maak Jesus sewe keer kragtige wie stellings. Terwyl jy hulle vandag lees, sal jy oplet dat elke stelling volmaak deurvloei na wat Hy gedoen het en nog steeds in ons wêreld doen.



As jy eers weet wie jy is, sal jy weet wat om te doen. Jy kan jouself meer spesifiek afvra: "Wat sou die persoon wat ek wil wees, doen?"  Wat jy ook al besluit om te doen, stel ek voor dat jy klein begin. Klein vorms van dissipline wat gereeld gedoen word, lei op die lange duur tot groot resultate. 



Indien jy 'n leier wil word wat omgee, mag jy dalk daagliks een bemoedigende nota skryf. Indien jy 'n georganiseerde persoon wil wees, begin dalk om jou bed op te maak. Indien jy 'n leier wil wees wat God se hart volg, sal jy waarskynlik begin om elke oggend met Hom te gesels. Doen waartoe jy gelei word om die wie leier te word wat jy graag wil wees.



Gesels met God: God, U het my gemaak; U ken my. Sal U my die woorde gee sodat ek kan weet wie ek is en die krag om te weet wat om te doen?


Luister gerus na my leierskap potgooi vir nog sulke inligting


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Six Steps To Your Best Leadership

Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te be...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeshcel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid